Categories: News, SafetyPublished On: 17th August 2017

Beskerm jou eie (1)

By 4 min read
841 words
ATN

atn reg

Hulle sluip nader onder die dekmantel van die nag om hulle duister dade te pleeg. ’n Jakkals gaan nie sommer helder oordag wanneer die skaapwagter hom mooi kan sien by die kraal ingaan om ’n lam te gryp nie.

Die renosterstropers slaap in die dag wanneer helikopterpatrollies oor die kosbare kuddes kan waak en plaasaanvallers gebruik die donkerte van die vroeë oggendure om ’n boer voor te lê wanneer hy vroeg opstaan om met sy dagtake te begin. Die donker was nog altyd die vyand se vriend, maar dit hoef nie meer so te wees nie, want tegnologie plaas nou die wapen van nagsig in jou hand.

“Ek kan nie meer saans sonder my nagsigtoerusting beweeg nie,” sê Francois van Huysteen, boer en veearts van Virginia in die Vrystaat. “Dit is soos my vuurwapen, as ek dit by my het, vóél ek veiliger en ís ek veiliger, want ek weet ek het die verrassingselement aan my kant.”

Francois het die ATN NVG-7 WPI aangeskaf, nadat hy baie navorsing gedoen het oor watter toerusting in die mark beskikbaar is. Hy waarsku dat die slagspreuk “goedkoop koop is duurkoop” verseker steek hou in die wêreld van beveiligingstoerusting.

“Gaan kyk liewer na betroubare produkte wat deur maatskappye verskaf word wat bekend is vir die voorsiening van militêre en jagtoerusting,” sê hy.

In Suid-Afrika is die maatskappy wat die produkte invoer ECM, en ATN is die vervaardiger van die produkreeks wat jou snags die hef in die hand sal gee. Oor die volgende paar maande sal ons meer vertel oor die opsies wat beskikbaar is en die beste nuus is dat jy net by jou plaaslike koöperasie hoef aan te klop om die produkte te bekyk en te bekom.

Francois sê dit help niks jy gaan soek in die nag na die mieliediewe en halfpad deur die mielieland kan jy niks meer sien nie, omdat jou nagsigtoerusting skielik nie wil werk nie.

“Hoeveel is jou lewe, jou gesin en jou toekoms op die plaas werd, is die vraag wat jy moet vra voordat jy toerusting aanskaf.”

Hy sê die moeilikste besluit vir hom was om te kies tussen die nagsigtoerusting en toerusting vir hittebeeldskepping (thermal imagery). Die ideaal is om altwee te hê, want elkeen het sy plek en speel sy rol. (Hou die reeks dop – ons gaan afsluit met ’n artikel oor die werking van  hittebeeldtoerusting.) Francois het uiteindelik die nagsigtoerusting gekies, omdat dit aan hom meer beweeglikheid gee. Die kyker word aan ’n kopskerm gehaak en wanneer jy dit nodig het swaai jy dit net af tot reg voor jou oë. Daar is kykers beskikbaar waardeur jy met albei oë kan kyk of ander met net een oog. Die dubbeloogkyker werk egter ook net na een buis en lens voor.

Hoe dit werk

Ross Forsyth van ECM verduidelik dat ATN verskillende vlakke van nagsigtoerusting het, waarvan net sekeres aan die publiek verkoop mag word; die ander mag net vir militêre doeleindes gebruik word. Die vlakke wat vir die publiek beskikbaar is, staan bekend as Generasie 1 en 2, asook 2-plus-produkte. Van Generasie 3 af moet jy jou Spesmaguniform aantrek voor jy kan saamspeel!

“Daar is eintlik bitter min verskil in die tegnologie tussen Generasie 2-plus en 3,” verduidelik Ross, “maar ons maak seker dat ons altyd aan die wetlike vereistes voldoen.”

Die ATN NVG-7 WPI wat Francois het, is van Generasie 2-plus en die WPI beteken dat hy wit beelde sien deur ’n fosforbuis. Dit is ’n optiese proses waardeur die beskikbare fotons (ligdeeltjies), bevorder word om duidelike beelde te vorm. Die toerusting het ook ’n ingeboude infrarooi liggie om lig te maak wanneer dit stikdonker is. Die liggie werk baie goed in ’n gebou, maar beperk jou sigafstand as jy buite probeer kyk wie aan die grensdraad peuter.

Sterlig en ’n tikkie maanskyn is egter heeltemal genoeg om die ANT NVG-7 goed te laat werk. Die toerusting pas ook outomaties aan by die hoeveelheid lig wat beskikbaar is en as iemand skielik ’n lig aanskakel in ’n vertrek is daar ’n veiligheidsmeganisme wat die toestel dadelik afskakel sodat die buis nie beskadig nie. Daar is nie ’n vergroter in die lens nie, so jy kan net so ver sien as wat jy normaalweg met die blote oog kan sien. ’n Ander voordeel is dat die sig wyd is, dit beperk jou nie soos met ’n verkyker om op een plek op iets te fokus nie. Jy kan lekker sien wie loop op die pad of skuil net langs die pad.

Francois sê: “Ons het dikwels gevind as die plaaswag padlangs beweeg in die nag, dat die skelms net  doodstil langs die pad gaan sit of lê en as jy nie in die nag kan sien nie, ry of loop jy verby hulle.”

In die jagveld is nagsigtoerusting natuurlik ook jou beste maat en Francois meen dit is goed dat mense die nodige ondervinding met jag opdoen, sodat hulle reg is om lewens te red wanneer dit nodig is.

Kontak jou naaste landbouwinkel of besoek www.ecmtech.co.za vir meer inligting.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0