Bednar vir beter, vinniger, ekonomieser grondbewerking

bednar 1
Die Bednar Swifter SM 18000-saadbedvoorbereider het boere by NAMPO beïndruk.
Tyd wag vir niemand nie. Daarom skaf die wyse boer werktuie aan wat hom help om sy grondbewerking en plantery binne die tyd af te handel wat die natuur hom toelaat. Bednar is die vertroude vervaardiger van eersteklas werktuie wat die werk deeglik, gemaklik en blitsvinnig afhandel.
Boonop is Bednar se werktuie gebruikersvriendelik om te verseker dat die boer “sukkel” van sy doenlysie af kan verwyder. Bednar vervaardig en verskaf werktuie wat van 3 tot 18 m wyd en van 120 tot 800 mm diep werk.
Hier is twee van Bednar se werktuie wat boere by NAMPO aan die praat gesit het:
Swifter SM 18000
Bednar se Swifter SM 18000-saadbedvoorbereider is een van die beste van sy soort in Suid-Afrika. Hierdie staatmaker werk 18,2 m wyd en is ontwerp vir trekkers van 373 of meer kilowatt om baie hektare per dag kaf te draf.
Met sy brokkelstaafroller voor, hidrouliese dieptebeheer en sy byderwetse GPS-navigasiestelsel, is die Swifter ’n droom van werkdoeltreffendheid.
Die unieke Bar-Lock-stelsel vou die Swifter binne twee minute na ’n wydte van 3 m en ’n hoogte van 4 m op vir maklike vervoer op nou paaie.
Voordele van die Swifter SM 18000:
- Onfhanklik bewegende Wave-Flex-segmente volg die grondoppervlak om ’n egalige saadbed te vorm
- Net een beweging deur die land is nodig om die perfekte saadbed te skep
- Tot agt bewerkings vind plaas in net een beweging
- Laer brandstofverbruik
- Hoё werkspoed van 15 km/u
- Die Swifter se Crosskill-nokringrollers verseker perfekte grondverbrokkeling en -konsolidasie.
Swifterdisc XO 8000 F

Bednar se Swifterdisc XO 8000 F se sestig skottels sny stoppels doeltreffend en sorg vir vinnige, deeglike saadbedvoorbereiding op jou plaas.
Swifterdisc is ‛n kort, kompakte skottelwerktuig wat teen tot 15 km/u kan werk om plantreste na die oes te sny, ‛n saadbed voor te berei of om grond voor te berei vir die plant van gras.
Die werktuig is beskikbaar in werkwydtes van 4 m tot 7,5 m. Laasgenoemde, die Swifterdisc XO 8000 F, word met ‛n trekker van 216 tot 254 kW gesleep. Die Swifterdisc kan ook opvou en het twee syrame en voorwiele vir ondersteuning en beter stabiliteit.
Voordele van die werktuig:
- Uitstekende masjienstabiliteit
- Werkspoed van 15 km/u of meer
- Hoër werkspoed verbeter die gehalte van die werk, meer hektare word voorberei en gehaltebewerking vind plaas
- Die werkdiepte word konstant akkuraat beheer
- Brandstofkoste verminder
- Danksy die Twin-Disc-stelsel het die masjien ’n hoë materiaaldeurset en verstop nie maklik nie
- GPS-beheer verhoog die doeltreffendheid van die werktuig nog meer
Vir vinniger, deegliker, doeltreffender werk hoef die boer nie verder as Bednar se pronkprodukte te soek nie. Kontak Frikkie Hefer by 060-976-2200 of stuur ‛n e-pos na frikkie@bednar-machinery.co.za of Werner Strydom by 082-979-2441 of werner@bednar-machinery.co.za