Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 30th May 2022

Bearings International trek aandag by NAMPO

By 4 min read
739 words

Baie besighede en handelsname het die geleentheid om weer NAMPO by te woon met albei hande aangegryp. So ook Bearings International wat aandag van skougangers getrek het met ‘n samestelling van ratte, kettings en motors in ‘n vertoonkas wat waaragtig beweeg ook nog!

Die doel van hierdie versameling was om besoekers aan die stalletjie bewus te maak van die wye verskeidenheid produkte wat BI verskaf aan boere.

“Al die ouens het NAMPO gemis en hulle sê dis wonderlik om weer met mense interaksie te hê. Die kliënte kom kyk en voel aan die produkte, en dit is selfs lekker vir hulle kinders wie ook saam gekom het,” vertel Charmaine Beukes, die besigheidseenheidbestuurder van die geallieerde produkte-afdeling by Bearings International en hoof van bemarking. “Ons verwagting van NAMPO hierdie jaar was om weer daardie verhouding te bou met mense deur mekaar te sien en met mekaar te praat.”

BI se verteenwoordigers by die stalletjie het geroteer sodat elke tak se naam hoog gehou kon word tydens die skou. Uit die meer as 40 takke lands wyd was die takke van Newcastle, Klerksdorp, Welkom en Vereeniging. Beide die takbestuurders en die verkoopsmense van elke tak was daar. “Hulle het ons kliënte genooi om net ‘n draai te kom maak en te gesels. Die mense van die omliggende gebied wat nie gereeld met ons interaksie het nie, het ook kom inloer. Dit was belangrik vir ons om weer daardie een-tot-een kontak te kry,” verduidelik sy.

BI het by hulle stalletjie voorbeelde gehad van die verskeidenheid produkte wat hulle versprei. Selfs hulle smeermiddels is hier ver links te sien.

“Ons fokus was die verstelbare spoedaandrywing (VSA) en die elektriese motors, omdat ons nie voorheen baie daarop gefokus het nie. Ons het die Alpha motor en Alpha VSA hier, en ons het ‘n baie groot promosie op ons aanlyn winkel gehad. Sommige mense reken boere gaan nie op die aanlynwinkel koop nie, maar dis nie waar nie. Boere is baie behendig wanneer dit kom by tegnologie – dink net aan al die toepassings wat hulle gebruik vir presisieboerdery. Van hulle masjienerie het WiFi op, party het hommeltuie en ander het hul eie vliegtuie. Nes hulle op ‘n aanlynwinkel soos takealot.com koop, so ook kan jy in die aand gaan kyk op ons webtuiste as iets op jou plaas gebreek het,” sê Charmaine.

Die promosie het soos volg gewerk: Daar was ‘n VSA by die stalletjie met ‘n reënboogwiel. Besoekers kon die wiel met die motor draai. Die kleur waarop hulle geland het het bepaal watter kaartjie hulle gekry het wat hulle afslag gegee het op aanlyn aankope. Die kaartjie kon geregistreer word op hul webtuiste en dan by die betaalpunt gebruik kan word.

“Ons het ‘n reeks vir elke mark – ons het die basiese intreevlak produkte en dan ook weer die meer duursame, meer gevorderde produkte. Die produkte wissel in prysvlakke om elke ou se sak te pas,” vertel Charmaine oor die produkte.

Die produkte wat Bearings International aan hulle kliente voorsien sluit ondermeer in: kettings, laers, tandwiele, ratkaste en kragaftakkers.

Vir Bearings International is die diens en produkte wat hulle lewer meer as net produkte. “Ons wil mense help om hulle probleem op te los. Van ons verkoopsmense ry op ‘n Sondagaand vyfuur om ‘n produk na iemand in Welkom of Lichtenburg te vat. Vir ons mense is dit nooit te veel moeite nie. Die hart van ons span en ons besigheid is om ander te dien,” sê sy.

Hulle top verkoper op die laers is die FAG-handelsnaam wat top gehalte is, Koyo en Craft Bearings. Onder die motors is sterprodukte die ABB en Alpha. Op hulle geallieerde produkte, sluit die lys gewilde produkte skoonmaakmiddels, smeermiddels en Loctite-produkte in. Op die agri-produkte is daar ‘n reeks BI-kragaftakkers asook ratkaste.

‘n Groot glaskas met baie bewegende dele het mense se aandag getrek wanneer hulle verby BI se NAMPO-stalletjie loop. Die bewegende dele was (vlnr) ‘n ratkas met bakkies wat klim, geseelde laers wat spesiaal vir planters ontwerp is, kettings soos wat op ‘n stroper voorkop, nog ratkaste, koppellings, die kragaftakker, ‘n ratkas, katrolle, en ‘n elektriese motor.

“Ons sien reeds uit na volgende jaar. Daar sal beslis volgende jaar nuwe dinge te sien wees by die BI-stalletjie,” noem Charmaine.

Vir verdere inligting, kontak BI op (+27)11-899-0000 of stuur ‘n e-pos aan info@bearings.co.za. Besoek ook gerus hulle webtuiste by www.bearings.co.za of skakel hul 24-uur noodlyn op 083 250 9191.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0