Bearings InternationaI stel hulle nuwe beeld by NAMPO bekend

bi
Bearings International (BI) is een van die uitstallers van die NAMPO Oesfees wat van dag een af deel is van die skou. By hierdie jaar se NAMPO Oesfees gaan hulle hul nuwe handelsmerkidentiteit aan die landbousektor bekendstel.
Die NAMPO Oesfees vind vanjaar van 17 tot 20 Mei naby Bothaville plaas. Die skou word deur Graan SA gereël en is ‘n geleentheid vir alle vervaardigers en verspreiders van landboumasjinerie en produkte om hulle toerusting uit te stal. Bearings International (BI) is ‘n lid van die Hudaco Groep en is ‘n voorste verspreider van laers en kragtransmissieprodukte in Suider-Afrika.
BI se produkte is belangrik vir die doeltreffendheid en produktiwiteit van boerderytoerusting, want landboumasjiene vir plant, ploeg, oes en baal loop letterlik op laers.
Die besturende direkteur van BI, Burtie Roberts, sê dat die skou in 2016 ‘n ideale platform is om die maatskappy se nuwe handelsmerkidentiteit aan die landbougemeenskap bekend te stel. Dit sluit ‘n vaartbelynde embleem en ook verbeterde kliëntediens in.
“Ons doel is om ‘n kostedoeltreffende, kwaliteitdiens aan interne en eksterne kliënte te verskaf. Ons geteikende produk gee ons die geleentheid om meer doeltreffend mee te ding sonder om op die prys te fokus,” voeg Burtie by.
BI kan ook kundige advies gee oor die behoud van boerderytoerusting.
“Ons werk saam met ons kliënte en ons weet die huidige ekonomiese omgewing plaas druk op hulle om meer met minder te doen. Saam verseker ons dat hulle groei, terwyl ons groei,” sê Gugulethu Nkutha, BI se bemarkingsbestuurder.
‘n Hoogtepunt van BI se deelname by die jaar se fees sal die teenwoordigheid van ‘n toegewyde verkoopspan/bemarkingspan en produkbestuurders wees wat al die kliënte se vrae kan beantwoord en inligting aan hulle kan verskaf.
Die hoofhandelsmerke wat by BI se Nampo stalletjie (49-50) te siene gaan wees, is:
KML, LOCTITE, FAG, CITRONOL, MAKITA, ROCOL en DODGE.
Bron: Bearings International
