Categories: NewsPublished On: 5th October 2015

Alle grootbokhaar is verkoop op laaste veiling

By 1 min read

Vir die laaste bokhaarveiling van die seisoen is daar 100 bale aangebied, waarvan almal verkoop is.

Daar was goeie mededinging om die goeie skeersels wat aangebied is. Die kleinbokkiehaarmark het egter steeds druk ervaar en slegs 66% van die aanbieding is in die veilingslokaal verkoop.

Die rand verhandel tans 3,6% laer op R12,45 teenoor die Amerikaanse dollar. Die gemiddelde markaanwyser het onveranderd op R194,29 gesluit.

Die vraag na die beperkte hoeveelheid grootbokhaar was baie bevredigend. Die prys van sterk grootbokhaar het onveranderd op R182,48 geëindig en dié van fyn grootbokhaar op R195,77.

Die pryse van jongbokhaar het die grootbokhaarneiging gevolg met ‘n onveranderd sluitingsprys van R232,32.

Die onveranderde markaanwyser van kleinbokkiehaar weërspieel nie die invloed van die 34% kleinbokkiehaar wat onverkoop verklaar is nie. Die gemiddelde markaanwyser sluit op R338,87.

Boere wat uitstekende pryse verdien het, was Snyberg Boerdery van Uniondale wat R650,00 vir ’n kilogram Zegna BSFFK-tipe verdien het en SJ Nel van Steytlerville het onderskeidelik R550,00 vir ’n kilogram Zegna BSFFK-tipe en R350,00 vir ’n kilogram BSFFK-tipe gekry.

Die grootste koper vir die dag was Stucken en die volgende veiling sal op 4 Augustus 2015 plaasvind.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0