Categories: NewsPublished On: 7th June 2016

Agri SA sê boere het nog hulp nodig

By 1 min read
181 words

Agri SA logo Kleur NUWE

Kommersiële boere het nog R1-miljard nodig om te herstel van die droogte.

Al het die departement van landbou glo 80 000 boere met droogteverligting gehelp, is dit volgens Agri SA nie genoeg nie.

Die departement het nie besonderhede gegee oor presies hoeveel daar op droogtehulp spandeer is nie. Agri SA het gesê meer geld word benodig en daarom het hulle, hulle eie droogteverligtingsfonds begin.

Agri SA se besturende direkteur, Omri van Zyl, sê die organisasie het al R16-miljoen by die private sektor en deur skenkings ingesamel. “As ons almal swaarkry kan daar nie net ‘n klein deeltjie van die bevolking gehelp word nie. Kommersiële boere betaal belasting, so is dit dan regverdig dat hulle nie gehelp word nie?”

“Om van die droogte te herstel is baie belangrik en ons kan nie sê ons is na ses maande oor die droogte nie. Dit sal tot drie jaar neem om te herstel,” sê Omri.

Volgens die departement het hulle geprioritiseer en provinsies wat erg deur die droogte geraak is is gehelp, want hulle het nie genoeg hulpfondse beskikbaar nie.

Bron: Bizcommunity

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0