Agri SA Droogterampfonds: Die skenkings vloei steeds in

Agri SA logo Kleur NUWE
Meer as R2-miljoen is die afgelope maand deur maatskappye soos Shell en Engen aan Agri SA se droogtefonds geskenk. Verder het SANSOR R50 000 geskenk. Kospakkies is ook deur Shoprite aan plaaswerkergemeenskappe in droogtegeteisterde gebiede in Jozini, KZN en Steinkopf in Namakwaland geskenk.
Kommersiële- en nuwelingboere in die Springbok-gebied het 2 400 sakke voerpille ontvang en in Noordwes is 300 vragte mieliereste by boere wat geen voer het, afgelewer. Agri SA is baie dankbaar vir die bydraes vanuit die privaatsektor en die rol wat die provinsiale leierskap gespeel het om ruvoer afgelewer te kry. Die grootse poging bring nie net hoop vir boere nie, maar ook vir die hele land wat afhanklik is van die kos wat deur ons boere geproduseer word.
Bron: Elektroniese nuusbrief van Agri SA