Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 18th February 2026

Agri Afrika-tapkarre vergemaklik oeswerk

By 3 min read
598 words

CB30 Tapkar (1)

’n Tapkar is deesdae soveel meer as ‘net’ ’n tapkar. As gevolg van die verskillende groottes, handelsmerke en tegnologie wat beskikbaar is, is dit baie belangrik vir ’n boer om ’n tapkar te kies wat by sy boerdery gaan pas.

Hoewel Agri Afrika ’n verskeidenheid tapkarre beskikbaar het, maak hul OMBU- en Legend-tapkarre oestyd geriefliker vir die operateur, terwyl dit steeds robuust en vinnig is.

Jou keuse van tapkar

Wanneer jy ’n tapkar begin soek, is dit belangrik om die kapasiteit van jou stroper in ag te neem. Groter tapkarre kan die hoeveelheid rondtes wat jy ry verminder, maar benodig ’n groter trekker om die werk te kan verrig. Hoëkapasiteit-awegare kan jou vrag vinniger aflaai – en dus vir jou tyd spaar sodat die tapkar vinniger terug kan kom in die veld.

Tapkarre word aanhoudend gebruik en dus moet hulle duursaam wees met hoëgehalte-raamwerk en -sweiswerk asook ’n sterk ratkas . Floteerbande verminder die kompaksie van jou lande, en direk-aangedrewe ratkaste verg minder onderhoud. Dié is alles algemene kenmerke van ’n goeie tapkar, maar Agri Afrika-tapkarre staan kop en skouers bo die res.

Legend-tapkarre

Agri Afrika se Legend-tapkarre is ontwerp om jou werkvloei te verbeter. Hierdie tapkarre is beskikbaar in drie groottes: 23 000 l (CB23), 30 000 l (CB30) en 40 000 l (CB40).

Met hul enkelawegaar-ontwerp en geharde onderstelle kan hulle meer graan hou, vinniger vervoer verseker en binne drie minute aflaai.

Dit is reeds indrukwekkend, maar die Legend is spesifiek gebou om die boer se lewe net ’n bietjie makliker te maak. Die bak van hierdie tapkarre bestaan uit los panele wat aan mekaar vasgebout is. Dit maak die bak meer buigsaam en voorkom dat dit kraak. Indien een van die panele beskadig word, hoef jy nie die hele bak te vervang nie, slegs die betrokke paneel. So spaar jy tyd en geld.

Die Legend-tapkarre het ook ’n unieke bakontwerp met ’n swaartekragvloei wat al die graan na die middel lei. Dit vergemaklik die werk van die awegaar, wat elke korrel kan optel. Hierdie ontwerp veroorsaak ’n ‘kook’-effek in die middel, wat keer dat graan stil lê en ’n kors vorm wat die vloei van die awegaar kan belemmer.

Verder beskik die Legend-tapkarre oor ’n direkte-aandrywingsratkas met ’n swaargewig-aandrywingslyn wat minder perdekrag verg. Omdat daar geen kettings, tande, bande of katrolle nodig is nie, is die stelsel eenvoudiger en meer betroubaar. Die gebalanseerde tongewig verminder ook die spanning op jou trekker se trekstang.

OMBU-tapkarre

Dié robuuste tapkarre word in Argentinië vervaardig en is slegs beskikbaar in ’n 21 000 liter-grootte. Die OMBU het hoëkapasiteit-awegare om vinnig af te laai en is duursaam en maklik om te gebruik vir grootskaal-oes.

Die OMBU vereis ’n 107 pk (80 kW)-trekker, en die tapkar se bak het ’n horisontale skroef op die bodem om die graan aan die beweeg te hou, sodat die aflaai-awegaar die graan vinnig kan optel en uitlaai.

OMBU se tapkar-bodems vou oop om die onderhoud en skoonmaak van die tapkarre vinnig en maklik te maak.

Druk op Agri Afrika se knoppie

Wanneer dit by jou keuse van tapkar kom, is groter nie altyd beter nie. Vinnige aflaai kan soms skade aan jou graan aanrig, en ’n robuuste tapkar is partykeer ’n beter keuse as een wat tegnologies gevorderd is.

Ongeag jou behoeftes, sal Agri Afrika die regte tapkar vir jou hê.

As jy sukkel om te besluit, gesels gerus met een van hul gespesialiseerde verkoopspersone om vas te stel watter tapkar by jou behoeftes sal pas. Vir meer inligting, besoek Agri Afrika se webtuiste by www.agriafrika.co.za, skakel hulle op (+27)86111-3692, of stuur ’n e-pos aan info@agriafrika.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0