Categories: NewsPublished On: 13th June 2016

Agbiz vereer Hans van der Merwe se rol in die landboubedryf

By 1 min read

Hans van der merwe

FOTO: Agbiz se voorsitter Schalk Pienaar (regs) gee die Agbiz-eretoekenning aan Hans van der Merwe, vorige besturende direkteur van Agri SA. Foto geneem deur: Gavin Withers

Die landbousakekamer, Agbiz het Hans van der Merwe, vorige besturende direkteur van Agri SA, vereer vir sy uitsonderlike dienste aan georganiseerde landbou in Suid-Afrika. Hy het die Agbiz-eretoekenning by die sakekamer se halfjaarlikse kongres, wat laasweek in Somerset-Wes gehou is, gekry.

“Hans het ‘n groot rol in die Suid-Afrikaanse oorgangsproses in die 1990’s gespeel en in die liberalisering van landboumarkte daarna,” sê Agbiz.

Hans het ook ‘n belangrike rol in die Nasionale Ekonomiese Forum gespeel tydens die  oorgangsjare. Hy was ten nouste betrokke by die opstel van die Wet op die Bemarking van Landbouprodukte. In tye wanneer daar rampe die landboubedryf getref het, het hy saam met maatskappye gewerk en die nodige ondersteuning gebied.

Hans het ‘n spesiale belangstelling in die handelsbeleid gehad en het as ‘n regsadviseur by verskeie ministeriële konferensies opgetree.  Suid-Afrika het deel geword van die Cairns Groep op sy aanbeveling en hy was ook belangrik in die vestiging van die landbou-handelsforum by die departement van Landbou.

Hy was ook betrokke in die opstel en wetgewing deur NEDLAC en by die hantering van die 2012-arbeidstakings in die Wes-Kaap.

Deur uitdagende tye in die landbousektor het Hans aangehou om die bedryf te ondersteun en te verenig.

Bron: Landbouskrywers

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0