Categories: NewsPublished On: 22nd January 2016

AfriSake sê nee vir nuwe swartbemagtigingskodes in die landbou

By 1 min read
143 words

Armand Greyling, wet- en beleidsanalis van AfriSake, het in ’n nuusvrystelling bekend gemaak dat AfriSake namens sy lede op die AgriBEE-sektorkodes kommentaar gelewer het.

Hierdie konsepsektorkodes is in die staatskoerant gepubliseer en gaan strenger reëls op ondernemings in die landboubedryf plaas wat dit moeiliker maak om aanvaarbare BBSEB-tellings te behaal.

Nog kwessies wat deur AfriSake uitgelig is, is aandeel- en grondeienaarskap en die verswakking van beleggingsmoontlikhede in Suid-Afrika indien dié reëls in werking gestel sou word. “Die land kan eenvoudig nie bekostig om meer beleggers af te skrik nie, veral nie in die lig van die huidige ekonomiese probleme nie,” het Armand gesê.

Hy sê ook dat die regering die Suid-Afrikaanse ekonomiese probleme as gevolg van transformasie ignoreer en dat hulle eerder op die beleggingsomgewing vir plaaslike en buitelandse beleggers moet fokus. Die nuwe kodes gaan eerder die ekonomiese kwessies vererger.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0