Afriq Water maak besproeiingstelselinstallasies maklik: Woerts-warts en jy het water!
Elke boer moet maniere vind om koste te bekamp sonder om uitsetgehalte in te boet. Besproeiing is ՚n plek waar groot besparings kan plaasvind.
Vanjaar is Afriq Water se agtste bestaansjaar en sesde jaar by NAMPO.
Afriq Water se eienaar en stigter, Wynand Ueckermann, vertel meer: “Ons is dankbaar teenoor ons klante,
en tot op hede het ons ‘n besonderse pad saam met hulle gestap.”
Afriq Drip-besproeiing
Drupbesproeiingstelsels, wat boere help om water te bespaar, word sterk aanbeveel. “Drupbesproeiing is een van die mees ekonomiese maniere om gewasse te besproei,” sê Wynand, “Die waterdruppels word by die plant se basis vrygestel, wat die wortels genoeg tyd gee om dit te absorbeer.” Afriq Drip se drupbesproeiingstelsels verskaf die ideale produk vir die boer, met ՚n wye verskeidenheid wanddiktes, vloeit-empos en spasiërings beskikbaar.
Drupstelsels benodig filtreerders omdat die klein gaatjies in die pype vatbaar is vir sediment-opbou en uiteindelike verstopping.
Omdat ՚n drupbesproeiingstelsel op 1 bar druk werk, kan hierdie stelsel met gravitasie werk, wat ՚n groot pluspunt is in hierdie tyd van beurtkrag.
Afriq Water se Goukoppelstelsel
In 2015 het Afriq Water ‘n goukoppelstelsel vanaf Turkye ingevoer. “Dit is ‘n plastiekbesproeiingstelsel wat vinnig en maklik opgestel word om jou behoeftes presies te pas,” sê Wynand.
Die oorskakeling van staalsproeiers na goukoppelstelsels stel Afriq Water in staat om ‘n beter sproeierstelsel teen ‘n laer prys aan hulle klante te verskaf.
Die pype word vervaardig van klas 6 HDPE, wat heelwat minder kos as metaalpype, en ook baie ligter is as staalpype; dus is hantering en skuif van hierdie pype op die plaas baie makliker. Die lewensduur van hierdie pype is heelwat langer as staal pype.
Die Goukoppelsprinkelaarstelsel is modulêr en kan vergroot en uitgebou word soos die boer se behoeftes verander. Die pype klik in-mekaar, met verskeie verbindings soos t-stukke en elmboë.
Begrip vir alle boere se omstandighede het Afriq Water gelei om kostedoeltreffende besproeiingspakkette saam te stel wat enige boer se sak en behoeftes pas. Vir meer inligting, besoek die webwerf by www.afriqwater.co.za.
Kliek hier om na die video te kyk