Categories: NewsPublished On: 13th April 2016

Afrika-perdesiekte in Wes-Kaap

By 1 min read

perdeinveld

Nuus het aan die lig gekom dat ‘n perd in die Wes-Kaap  verlede week gevrek het as gevolg van Afrika-perdesiekte en die plaaslike minister van Ekonomiese Geleenthede, Alan Winde, het die betrokke plaas besoek.

Afrika-perdesiekte is ‘n virus wat perde opdoen en wat die meeste van die tyd tot die perd se dood lei. Dit word deur insekte oorgedra en kom hoofsaaklik in Afrika, die Midde-Ooste en rondom die Middellandse See voor.

Die minister het die plaas in die Paarl besoek waar veeartse beheermaatreëls in plek gestel het. Geen ander perde op die plaas is positief getoets nie en die staat se veeartse het onmiddellik die plek onder kwarantyn geplaas.

“Uitvoere is belangrik vir groei in die bedryf, daarom moet daar geen sulke siektes wees  nie,” sê minister Alan. Hy sal sorg dat almal ingelig bly oor verwikkelinge.

Bron: Wes-Kaap se regering

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0