Categories: NewsPublished On: 15th June 2016

Afrika-perdesiekte – beperkings opgehef

By 1 min read

perdeinveld

Alan Winde, minister van Ekonomiese Geleenthede, het aangekondig dat die inperkingsone as gevolg van Afrika-perdesiekte in die Boland ontbind is.

“’n Voorval van Afrika-perdesiekte is in April in die Paarl gediagnoseer. Monsters wat verkry is van die vul wat siek geword het en dood is, het positief vir Afrika-perdesiekte getoets. Dit is agterna uitgeken as Serotipe 1. Daar was ‘n inperkingsone rondom hierdie gebied. Dit is nou 40 dae na die laaste bevestigde voorval van Afrika-perdesiekte en die inperkingsone by  Wellington, Paarl en Stellenbosch is ontbind.”

Minister Winde sê benewens die spesifieke saak is 21 perde op agt eiendomme in die inperkingsone positief getoets vir Afrika-perdesiekte. Daar was vier perde in totaal dood.

Hy sê ook die staat se veeartse het vinnig op die uitbreking gereageer.

“Die veeartse het onmiddellik ‘n reeks veiligheidsmaatreëls in plek gehad. Dis as gevolg van hulle en die eienaars van die perde dat ons die uitbreking kon beveg.”

Inenting kan nou plaasvind maar word slegs toegelaat vanaf 13 Junie tot 31 Oktober 2016 en met toestemming van die staatsveearts.

Bron: Wes-Kaap-regering

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0