AFGRI help boere

AFGRI-Logo
AFGRI het ook sy hande uitgesteek na boere wat hulp in die droogtetyd benodig. Die bekende landboumaatskappy het R5 miljoen se dierevoeding vir droogtehulp geskenk.
Die graanafdeling van AFGRI het ook besluit om nie hulle tariewe vir 2016 te verhoog nie. “Hierdie is gedoen omdat ons weet die boere waardeer elke bietjie verligting wat ons vir hulle aanbied. Ons voel dit is die regte ding om te doen. Ons boere moet floreer as die reën kom,” sê Chris Venter, besturende direkteur van AFGRI.
Chris het bygevoeg dat boere eerder hulle diere slag as om te kyk hoe hulle swaarkry, dit is waarom AFGRI die voer verskaf het; dit gaan help om die diere aan die lewe te hou. “Ons doel is om die boere by te staan om hulle vee aan die lewe te hou totdat dit reën en die gras teruggroei,” sê hy.
Die effek van die droogte is baie groot, want dit het minder as ‘n week geneem om genoeg boere te vind by wie die nood so hoog was dat die R5 miljoen se veevoer onmiddellik uitgedeel kon word.
Hy sê AFGRI gaan ook verdere finansiële ondersteuning vir die moeilike maande na die winter deur die maatskappy se finansiële been, Unigro Finansiële dienste, bied.
Bron: AFGRI-verklaring