Soutpansberg Bonsmara

Soutpansberg-Bonsmara
Soutpansberg Boerdery het in 1995 ontstaan en is geleë op die plaas Spitskop en deel een van sy grensdrade met die Mara Navorsingstasie.
Dit is hier waar Prof. Bonsma en Manie Eloff geskiedenis gemaak het met die ontwikkeling van die Bonsmara-ras. Hierdie omgewing is bekend as een van die strafste gebiede vir siektes soos Hartwater, Asiatiese- en Afrika Rooiwater en Galsiekte.
Alhoewel hier aanvanklik met Afrikaners en Simmentalers geboer is, het die fokus hoofsaaklik na die Bonsmara verskuif in 2006. Passie, toewyding en deursettingsvermoë van beide Louis van der Walt (eienaar) en Bouts Botha (bestuurder) het gelei tot die registrasie van die Soutpansberg Bonsmara Stoet in 2009.
Soutpansberg Bonsmara het aan gesamentlike produksieveilings vanaf 2011 deelgeneem op Tussen-i-Berge Bonsmara Veiling. Ons eerste bulveiling is gehou op 10 September 2015 op die plaas De Ruigte te Vivo. Op die 14de Oktober 2022 sal ons, ons 16de produksieveiling hou, waar ons dan ook gasverkopers verwelkom naamlik JMB Bonsmaras, JD Venter Bonsmaras, wat in 2019 sy stoet geregistreer, asook Piere Burger Boerdery. Hierdie manne het werklik uitstekende diere wat hulle aanbied. Hierdie diere sal ‘n aanwins wees tot enige kudde.

Ons glo aan kudde diversiteit. Teelmateriaal, gewerf vanaf top gevestigde telers, word in hierdie kudde gebruik. Toespitsing op kunsmatige inseminasie verseker die Soutpansberg Bonsmarakudde se genetiese vordering en -variasie. Die rekenaarprogram BenguFarm Genetics telings module word ook ingespan om genetiese teeldoelwitte te bereik.
Alle bulkalwers word aan ‘n Fase D toets onderwerp. Hierdie bulle kan met vrymoedigheid in enige kudde gebruik word. Bouts en Louis pas streng seleksie toe hier en enige bul wat hulle nie van hou nie, al het hy die toets deurgekom word uitgeskot. Van om en by 400 bul kallers per jaar word daar slegs ongeveer 60 bulle teruggehou. Die res word geslag weens die streng keuring waaraan hulle onderwerp word.
Bouts is op hoogte van die nuutste neigings in die vleisbees en Bonsmara bedryf, en het ‘n wye kennis opgebou omdat hy intensief elke dag betrokke is by die kudde. Bouts is ook ‘n Junior Keurder vanaf 2011.
Ons besef die waarde van goeie vertroue tussen koper en verkoper, eerlike besigheidbeginsels en goeie dienslewering is die steunpilare waarop Soutpansberg Bonsmara ‘n lojale kliënte basis bou.
Aanvanklik het Louis op die plaas Spitskop beland met net ‘n droom. Toeweiding en harde werk het sy droom bewaarheid en word daar intensief geboer met aartappels, grondboontjies, sitrus, tabak en kuilvoermielies. Die beesboerdery is slegs een van die vertakkings van Louis se boerdery aktiwteite.
2022 Produksieveiling – 14 Oktober 2022, 11:00, Limpopo


Vir meer inligting kontak Louis van der Walt: 082 411 0796 (Eienaar), Bouts Botha: 082 339 2471 (Bestuurder) of stuur ‘n e-pos na: soutpansbergbonsmara@gmail.com





Gasverkopers:
Pierre Burger Boerdery

Burger Boerdery het in 1981 sy eerste Bonsmarakoeie aangekoop, met ‘n visie van vrugbaarheid en ‘n hoë melkproduksie.
Vaars met baie melk, goeie reproduksie en groot skrotum omvang, met die doel om vrugbare verse te teel, was ‘n prioriteit. Die bulle se moeders moes reeds 7 tot 10 kalwers gehad het met baie melk.
Oor die jare is net die beste bulle gekoop. Dieselfde seleksie op die aankoop van ons bulle is toegepas, naamlik goeie reproduksie, moeders met baie melk wat elke jaar ‘n kalf lewer en ook vroeg kalf. Die bulle moet ‘n groot skrotum omvang hê met bo-normale voeromset en GDT.
Ons het die hele kommersiële Bonsmara kudde van Andrew Mc Kechnie oorgekoop, nadat hy sy boerdery gestaak het. Goue meriete bulle oor ‘n wye genepoel is aangekoop van onder andere Dr. Piet Naudé en Gavin Bristow, wat ons altyd net voorsien het van die beste raad, asook Oom Koos en Wouter van Amstel. Ons het ook bulle aangekoop van Mc Donald, Atherstone, Roy Baragwanath, Peter Beith, John Lichie, Ivy en Louis Van der Walt, by wie ons verlede jaar 5 bulle gekoop het en in 2017, 4 bulle. Verder het ons ook Arthur de Villiers bloed in ons kudde en nog vele meer.
Ons streef steeds na reproduksie as eerste prioriteit, dit wil sê, moeders wat vroeg kalf, baie melk het en swaar kalwers speen.
Ons verse word na speen op natuurlike weiding en lekke groot. Ons inentingsprogram is in plek. Diere wat nie voor 30 maande kalf nie word uitgeskop.
Kontak Pierre Burger vir meer inligting: Sel: 082-452-3707

