Categories: NewsPublished On: 27th February 2017

Eiendomsbelasting en die boer

By 3 min read
506 words
TLU SA

TLU sa logo

Wet 6 van 2004 onder die titel “Municipal Property Rates Act” het in 2008 in werking gekom. In ooreenstemming met die Grondwet se artikel 229, word ’n verpligting geplaas op alle grondeienaars van landbougrond om belasting te betaal. Soos dorpsbewoners aan die plaaslike munisipaliteit grond of eiendomsbelasting moet betaal, moet eienaars van landbougrond ook eiendomsbelasting, volgens die waardasie van die eiendom deur die plaaslike owerheid, betaal. Dit het niks met basiese dienste wat plaaslike owerhede lewer te doen nie, dit is nie ’n heffing of ’n rekening vir dienste gelewer nie, dit is ’n belasting.

Belastingskuld verjaar nie soos enige ander skuld na drie jaar nie, maar wel eers na dertig jaar. Wanneer ’n eienaar van landbougrond daardie grond, op watter wyse ook al wil vervreem, hetsy dit te wil verkoop of te laat vererf, moet die agterstallige belasting eers aan die plaaslike owerheid betaal word, met rente op agterstallige skuld, voor ’n uitklaringsertifikaat uitgereik sal word ten einde die transaksie af te sluit. Oordrag kan nie plaasvind sonder hierdie uitklaringsertifikaat nie.

Baie min landbou grondeienaars is bewus daarvan dat hulle hierdie belasting aan die plaaslike owerheid verskuldig is, omdat hulle nie rekeninge van die plaaslike owerheid ontvang nie. Ten spyte van die feit dat ’n verpligting op die munisipaliteit geplaas word om rekeninge uit te stuur, bepaal die wet egter ook dat die grondeienaar wat nie ’n rekening ontvang nie, sy verpligting van betaling moet besef en navraag moet doen oor die aangeleentheid by sy plaaslike munisipaliteit. Die onus berus dus op die grondeienaar om sy rekening by die owerheid te bekom en dit betyds te betaal. Die plaaslike owerhede is dan ook by magte om die agterstallige belasting in te vorder op enige wetlike manier. Hulle kan dagvaardings teen jou uitreik en die normale skuldinvorderings prosesse gebruik.

TLU SA het namens hulle lede met verskeie plaaslike owerhede onderhandel om agterstallige skuld af te skryf en om kortings op die belasting te probeer beding binne die wetlike raamwerk wat daargestel is. Onderhandelinge is suksesvol afgehandel met verskeie owerhede en is hierdie voordeel wat beding was nie net vir TLU SA lede beding nie maar vir alle grondeienaars, self die eienaars van sommige dorp eiendomme soos Mogwadi (Dendron) in die  Limpopo Provinsie en in die munisipale gebied van die nuut saamgestelde munisipaliteit met die samevoeging van Modimolle, (Nylstroom)  en Mookgophong (Naboomspruit).

TLU SA Noord wil alle grondeienaars aan hierdie voordeel laat deel en doen daarom ’n beroep op grondeienaars binne die Molemole plaaslike owerheid grense om TLU SA Noordstreek per e-pos te kontak by wilma@ntlu.co.za, sodat ons u naam op ons databasis kan plaas en verder met u kontak te kan bewerkstellig ten einde enige agterstallige rekeninge namens u verder te hanteer. Eienaars van landbougrond binne die plaaslike owerheid grense van Modimolle (Nylstroom) en Mookgophong (Naboomspruit) kan 082-801-4033 tussen 8 en 12 Maandae tot Vrydae skakel. Of besoek bring aan 8 ste Straat 59 Naboomspruit, waar ’n kantoor ingerig is om u behulpsaam te wees. U is onder geen verpligting om deel hiervan te word nie.

Bron: TLU SA NOORD

0

Deel hierdie artikel.

One Comment

  1. Fw de klerk 17th October 2022 at 14:36 - Reply

    Ons op kleihoewe en plase voel nog steeds geen dienstegelewer geen betaling. In steedelikegebiede kry dorpeienaars dienste van munisipaliteite ons op plase en plotte geen dienstegelewer. 0ns moet self ons vulis verwyder na die naaste vulis stortings terrein.

Leave A Comment

0