21ste Kroon Vee-veiling

JVZ12 347 a
JVZ12 347
Kroon Vee Brahmane se 21 ste produksieveiling wat 1 November plaasgevind het op die plaas Buckshee, het weer eens bewys dat kwaliteit diere en uitstekende rekords, kopers laat betaal vir gesogte genetika. Die 183 lotte wat verkoop is, se moeders het ‘n gemiddelde TKP van 399 dae oor ‘n gemiddeld van vyf kalwers.
Kopers van Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe het meegeding om beproefde genetika te bekom sonder dat die gevestigde kommersiële kopersmark afgeskeep was en ook bulle kon koop om waarde toe te voeg by hulle speenkalfproduksie en goeie opbrengs op hulle bu belegging te verkry.
Veilingsuitslae:
| JVZ 12 347 | Duurste bul | R230 000 | Koper-Louis Combrink Boerdery |
| JVZ 14 43 2 | Tweede duurste bul | R220 000 | Koper – Fritz Visser (Namibië) |
| JVZ15 29 en JVZ 15 48 | R100 000 | Koper – Adjunkminister van Landbou, Davis Marapira
(Zimbabwe) |

JVZ14-43
| Bulle | Hoeveel aangebied | Hoeveel verkoop | Gemiddeld | Hoogste prys | Koper |
| Bulle wit | 43 | 41 | R54 300 | R220 000 | Frits Visser |
| Bulle rooi | 25 | 23 | R65 200 | R230 000 | Louis Combrink Boerdery |
| Verse Wit | 85 | 85 | R44 000 | R100 000 | Adjunkminister Davis Marapira (Zimbabwe) |
| Verse Rooi | 30 | 30 | R54 600 | R90 000 | Jose Maciel |
| Semen | 250 | 250 | R 750 | R1 600 | De Waal Nigrini en Monty Chiepe (Botswana) |
Bron: Kroon Vee

Die Zimbabwiërs klink ‘n glasie saam met die Van Zyl’s op hulle aankope.

Sertifikaat van waardering wat oorhandig is aan Oom Gawie Verryne vir die aankope van sy 50ste bul oor 21 jaar. Saam met Oom Gawie is Gideon en Jan van Zyl.