Categories: NewsPublished On: 9th June 2017

Wolmark daal met 2,2%

By 1 min read
225 words
wol

wol-uitstaande

Op die 35ste wolveiling van die 2016/2017 seisoen het die Cape Wools merinowolmarkaanwyser met -2,2% gedaal en op 15218c per kg skoon gesluit.

BKB wil van die geleentheid gebruik maak om al sy wolprodusente en die wolkopers geluk te wens met ‘n suksesvolle 2016/2017 wolseisoen.

Gemiddelde skoonwol prysaanwysers vir goeie kwaliteit lang vagwol (MF4/MF5) met ‘n treksterkte van 35 (NKT) was soos volg:

18 µ      20462  (-1,9%)          21 µ      14587   (-1,1%)

19 µ      17670  (-4,1%)           22 µ      13549   (-1,1%)

20 µ      15322  (-1,7%)           23 µ      12755   (-1,7%)

Die grootste kopers op die veiling was: Standard Wool (3 579 bale), Lempriere South Africa (3 231 bale), G Modiano (2 694 bale). Van die 13 028 bale wat aangebied is, is 12 816 bale verkoop (98%).

Die hoogste pryse van verkoopte wol op die BKB veiling was:

TOP 10 BKB PORT ELIZABETH
Naam Area Besk. AWEX Tipe Mic Skoon NKT Vet Pryse
1. CJM Schmidt & Seun Dordrecht BH MWF4E.79 18.3µ 74,6% 46 16510c
2. EP Klopper Adelaide AH MF4E.85 17.7µ 71,8% 45 15900c
3. WPJ Boerdery Bk Molteno CH MWF4E.72 18.0µ 77,3% 43 15900c
4. SJ Nel Barkly-Oos BMH MWF4S.74 18.3µ 76,8% 50 15700c
5. FF Du Plessis Tarkastad AH MWF4S.80 17.2µ 74,4% 37 15530c
6. SD & GP Naude Rhodes CFH MWF5S.70 18.1µ 76,0% 52 15410c
7. CJM Schmidt & Seun Dordrecht CH MWF4E.70 17.5µ 73,6% 49 15390c
8. SJ Van Der Walt Adelaide CFY MF4E.63 16.9µ 73,3% 48 15300c
9. WPJ Boerdery Bk Molteno BH MWF4E.78 18.3µ 76,6% 34 15060c
10. AJ Keun Middelburg BBH MWF4S.75 18.2µ 71,2% 44 14980c

BKB wil graag bogenoemde kliënte gelukwens met hulle prestasies. Die volgende veiling vir die nuwe seisoen, katalogus P0117 sal die 16 Augustus 2017 plaasvind.

Bron: BKB

 

0
Views: 338Comments Off on Wolmark daal met 2,2%

Deel hierdie artikel.

0