Puik diere hou Vlakte Bonsmarastudiegroep op die wenpad

Vlakte uitslae – 6 Mei 2022
Bonsmara-telers se trots in die ras is een van die eienskappe wat die ras se gewildheid oor die afgelope paar jaar laat toeneem het. Dié ras van prof Jan Bonsma is deur 85 jaar selektief geteel om perfek in te pas in die soms wrede Suid-Afrikaanse toestande.
Die Vlakte Bonsmarastudiegroep bestaan uit ’n stuk of 20 lede, waar die telers deur samewerking voortbou aan die Bonsmara-nageslag. Die groep se passie vir die rooi ras is aansteeklik.
Die groep se leuse: Ons is ‘n verskaffersgroep van topgehalte Bonsmara teëlmateriaal in Suid-Afrika, het boekdele gespreek tydens hulle 16de Produskieveiling gehou te Doornpan, Roedtan, Vrydag 6 Mei 2022.

Die studiegroep bied elke jaar drie veilings aan. Afgesien van die speenkalfveiling in Julie, is die produksieveiling in Mei gefokus op vroulike diere met ’n goeie aanbod van bulle, en dan die tradisionele bulveiling in Oktober, waar ’n goeie mengsel van top bulle en vroulike diere aangebied word.
“Die diere wat ons as groep jaarliks aanbied is werklik hartsdiere. Daar is iets vir almal, van speenverse tot dragtige koeie en bulle wat uitgesoek is met die hand. Ons as ‘n groep is baie trots op ons standaarde en dit wat ons aanbied,” se Kobus du Toit, voorsitter van die Vlakte Bonsmara groep.
Die groep het in 2020 besluit om ‘n eksklusiewe Vlakte Bonsmara veilingslokaal op te rig op een van die stigterslede Tian Kruger se plaas Doornpan, waar die eerste veiling in Oktober 2020 met groot sukses aangebied is.
Kobus sê: “Dit is ‘n groot voorreg om deel van die groep te kan wees en saam met sulke gedrewe telers die rooi ras vorentoe te kan vat. Ek dink ons begin nou ‘n redelike goeie ritme kry en elke veiling is werklik ‘n spoggeleentheid. Ons is baie trots op wat ons hier het.”
Die duurste vroulike dier lotte aangebied op die veiling: