16 moet-doen-dinge by die 2017-SA Kaasfees

Cheese Fest 16 things to do
Die Suid-Afrikaanse Kaasfees (28 – 30 April) is vanjaar 16 jaar oud en hier is ‘n lys van 16 moet-doen-dinge by die jaar se fees.
- Proe smullekker kaas by die Checkers Kaas Emporium en maak jou mandjie vol by die Checkers Food Market, ‘n miniwinkel.
- Skuur skouers met kaasmakers in die Agri-Expo Cheesery en hoor wat die geheim van ʼn goeie kaas is.
- Een betaalde toegangskaartjie gee jou een inskrywing vir die REEDS Wen ʼn Bakkie-wedstryd.
- Besoek die Agri-Expo Kookpot en kyk hoe glanssjefs, Nataniël, Carmen Niehaus en ander bekendes ʼn storm loskook.
- Sien meesterbrouers, Tim Godfrey en Stephan Lotz, in aksie met kaas en bier in die Standard Bank Tasting Room
- Ontmoet boetiek kaasmakers van heinde en verre.
- Ervaar pure proeplesier wanneer sjefs Aviv Liebenberg en Charné Loubser van die Private Hotel School met kaas en alternatiewe produkte in die Cape Made Kombuis kook.
- Kom wees kreatief en kerf kaas in die Ladismith Kaaskerfkompetisie.
- Kurt Darren (Vrydag), BlackByrd (Sondag) en ander kunstenaars sit ʼn huppel in jou stap by die Stellenbosch Vineyards musiek gazebo.
- Ontmoet radio-aanbeiders, soos Amore Bekker (RSG).
- Besoek die suiweldiere by die Melkfabriek.
- Maak ‘n draai by die Fynproewerslaan vir ‘n verskeidenheid uitgesoekte geregte.
- Ure se pret en vermaak vir die kinders in die gewilde kiddies corner.
- Wees op die uitkyk vir nuwe produkbekendstellings by van die stalletjies.
- 28 April is Kaas Vrydag! Wees op die uitkyk vir eksklusiewe Vrydag-winskopies!
- Veiligheid eerste! Gebruik die beskikbare alkohol asemtoetsers en pendeldienste.
‘n SA Kaasfees se eerste:
Bederf jouself met ʼn uitsonderlike BBP-ervaring deur die nuwe Fynproewerservaring pakket. Besoek www.cheesefestival.co.za of Computicket vir meer inligting.