Categories: NewsPublished On: 4th March 2016

Goliat-van-Gat Pampoenfees om die draai!

By 1 min read
231 words

pampoenfees2014(3)

Met net meer as ‘n week oor is dit tyd om te gaan loer of jou pampoenpitte die pampoen verskaf het waarvoor jy gehoop het. Jy moet solank jou pampoen op jou bakkie laai, want die jaarlikse Goliat-van-Gat Pampoenkompetisie vind volgende week die 12 de Maart plaas.

Hierdie fees word deur die Cullinan Boere-Unie onder leiding van TLU SA gereël. Pampoenkwekers van oraloor gaan hulle spogprodukte kom uitstal om mee te ding vir die beste pampoen in elke klas. Die mooiste, grootste, oorspronklikste en lelikste pampoen gaan elk ‘n prys wen. Laasjaar se wenner se pampoen was 328 kg, kom kyk of jy dit kan verbysteek.

Die dag vind by die Pioniersmuseum in Silverton plaas wat saam met die weeklikse Boeremark val. Dis van agtuur tot twee-uur. Daar is musiek, volkspele, boeredansers, stalletjies en eet en drinkgoed.

Die nasionale kompetisie groei jaarliks en beloof om weer baie aandag te trek. Die doelwit van die kompetisie is om op ‘n vrolike manier vir verbruikers te wys dat boere en landbouers noodsaaklik is vir voedselsekerheid. Die pampoene word agterna vir liefdadigheid geskenk.

Die pampoene wat na die Goliat-van-Gat fees gebring word, word opgesny en uitgedeel vir liefdadigheid asook die geld wat op hierdie dag deur die stalletjies gemaak word.

Maak nie saak hoe jou pampoen lyk nie, woon hierdie fees by.

Besoek hulle Facebook-blad vir meer inligting: https://www.facebook.com/goliatvangatpampoenfees/?fref=ts

goliat van gat

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0