Categories: NewsPublished On: 9th February 2011

Woolworths-soek-‘n-“kaasbaas”

By 1 min read

Woolworths daag alle klein kaasmakers uit om met nuwe opwindende kase vorendag te kom.

Enige oorspronklike kaas wat die afgelope jaar ontwikkel is, maar nie tans in supermarkte verkoop word nie, kan vir die wedstryd inskryf.
 
Die kompetisie maak voorsiening vir die volgende breë kategorieë van kaas, naamlik harde kaas, semi-harde kaas, skilkaas, wit gevormde kaas, blou gevormde kaas, vars kaas en kaas met toevoegings.
 
Twee kase per kaasmaker kan ingeskryf word en die wenkaas uit elke kategorie sal eksklusief deur Woolwoorths bemark word vir ‘n ooreengekome tydperk.
 
Uiteraard sal inskrywings aan Suid-Afrikaanse regulasies vir kaas moet voldoen en ook aan Woolworths se eie standaarde. ‘n Onafhanklike paneel sal die kaas beoordeel. 
 
Inskrywings sluit in Julie en kase moet teen September aangebied word. Daar word geen inskrywingsgeld gevra nie.
 
Meer besonderhede en inskrywingsvorms is op Woolworths TASTE-tydskryf se webblad beskikbaar by  www.tastemag.co.za

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment