Wolmark styg met 1,6%

wol
Op die 10de veiling van die 2017/2018 seisoen het die merinowolmarkaanwyser met 1,6% gestyg en op 18199c per kg skoon gesluit. Dit is ongeveer 19,57% hoër as ‘n jaar gelede.
Gemiddelde skoonwol prysaanwysers vir goeie kwaliteit lang vagwol (MF4/MF5) met ‘n treksterkte van 35 (NKT) was soos volg:
18 µ 22987 (+1,0%) 21 µ 16683 (+0,9%)
19 µ 20162 (+0,7%) 22 µ 15674 (-0,3%)
20 µ 17932 (+1,2%) 23 µ 14837 (+0,5%)
Die grootste kopers op die veiling was: G Modiano (Ltd) (2 753 bale), Standard Wool (2 731 bale) Tianyu S A Pty (Ltd) (1 750 bale) . Van die 9 339 bale wat aangebied is, is 9 315 bale verkoop (99%).
Die hoogste pryse van verkoopte wol op die BKB veiling was:
| TOP 10 BKB PORT ELIZABETH | |||||||
| Naam | Area | Besk. | AWEX Tipe | Mic | Skoon | NKT | Vet Pryse |
| 1. Morgan Farms | Tarkastad | AH | MWF4E.79 | 17.0µ | 73,8% | 44 | 20000c |
| 2. NK Bradfield | Dordrecht | AH | MWF4E.91 | 17.5µ | 76,7% | 46 | 19740c |
| 3. Bottlegat Farms | Tarkastad | BH | MWF4S.79 | 16.0µ | 72,6% | 47 | 19430c |
| 4. R F & V M Blaine Partnership | Stutterheim | BFF | MF5E.73 | 17.4µ | 75,5% | 47 | 19400c |
| 5. DW Bryant | Tarkastad | AFFH | MWF4E.84 | 17.4µ | 73,1% | 47 | 19100c |
| 6. DW Bryant | Tarkastad | BFFH | MWF4E.72 | 16.9µ | 73,2% | 50 | 19090c |
| 7. DW Bryant | Tarkastad | BFFY | MF4E.81 | 17.2µ | 71,8% | 38 | 19000c |
| 8. Morgan Farms | Tarkastad | BH | MWF4E.69 | 16.8µ | 73,2% | 45 | 18910c |
| 9. MG Palmer | Grahamstown | BH | MWF4E.71 | 15.6µ | 70,9% | 45 | 18900c |
| 10. MG Palmer | Grahamstown | AFH | MWF4E.88 | 17.5µ | 72,9% | 44 | 18880c |
BKB wil graag bogenoemde kliënte gelukwens met hulle prestasies. Die volgende veiling katalogus P1117 sal op 1 November 2017 plaasvind.
Bron: BKB