Categories: NewsPublished On: 5th May 2016

WOLMARK 4,2% HÖER

By 1 min read
256 words

Wol

Die wolmark verhandel 4,2% hoër die week en die Cape Wools Merino aanwyser versterk met 6155 punte om te sluit teen ‘n waarde van R153,10/kg (skoon). Op die Australiese mark was die aanwyser 3,3% op, terwyl die Cape Wools Alle Wol aanwyser met 4,2% gestyg het.

Die meerderheid van die wol wat aangebied is, was tussen 40-50mm in lengte en die beter gehalte wol het goeie pryse behaal. Langer wol het ook goed gevaar. Die rand swakheid het die produsente se opbrengs verhoog. Daar is nog drie veilings oor vir die huidige seisoen.

 Die rand teen R14,76 was sowat 3,4% swakker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die vorige  veiling. Teen R16,96 was die rand 4,6% swakker teen die Euro. Altesaam 96,5% van die  10 670 bale wat op die veiling aangebied is, is verkoop. Die grootste kopers op die veiling was G Modiano SA (3 310), Standard Wool SA (2 859), Stucken & Co (2 257),en Lempriere SA (1 311)

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18,0 mikron neem toe met 5,6% en sluit teen R168,63/kg; 18,5 mikron neem 5,1% toe en sluit teen R161,80/kg; 19,0 mikron neem toe met 2,9% en sluit teen R159,04/kg; 19,5 mikron styg met 2,1% en sluit op R156,21/kg; 20 mikron versterk met 3,6% tot R156,32/kg; 20,5 mikron styg 5,8% en sluit op R156,85/kg; 21,0 mikron neem toe met 6,1% en sluit op R156,61/kg; 21,5 mikron styg met 5,4% tot R154,47/kg, 22,0 neem toe met 5,8% en sluit op R154,00/kg en 22,5 mikron neem toe met 4% en sluit op R153,50/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 18 Mei 2016.

Bron: Cape Wools

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0