WOLMARK 3,2% LAER

capewoolssa_logo
Die wolmark verhandel 3,2% laer die week en die Cape Wools Merino-aanwyser daal met 485 punte om te sluit teen ‘n waarde van R146,95/kg (skoon). Volgens Cape Wools se Weeklikse Wolmarkkommetaar neem die aanwyser op die Australiese mark met 2,2% af, terwyl die Cape Wools Alle Wol Aanwyser met 3,2% gedaal het.
Die vraag na goeie gehalte lang wol bly goed en die kopers is van mening dat die daling alleenlik toegeskryf kan word aan die versterkende Rand.
Die Rand teen R14,27 was sowat 3,0% sterker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die vorige veiling. Teen R16,22 was die Rand 2,8% sterker teen die Euro. Altesaam 98,0% van die 4 435 bale wat op die veiling aangebied is, is verkoop. Die grootste kopers op die veiling was G Modiano SA (1 379), Standard Wool SA (1 210), Lempriere SA (673) en Stucken & Co (620).
Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18,0 mikron neem af met 4,5% en sluit teen R159,65/kg; 18,5 mikron neem 4,2% af en sluit teen R153,96/kg; 19,0 mikron neem af met 2,6% en sluit teen R154,56/kg; 19,5 mikron daal met 1,9% en sluit op R153,03/kg; 20 mikron verswak met 2,0% tot R150,93/kg; 20,5 mikron daal 3,3% en sluit op R148,18/kg; 21,0 mikron neem af met 4,3% en sluit op R147,62/kg; 21,5 mikron daal met 4,0% tot R146,52/kg en 22,0 neem af met 4,5% en sluit op R145,55/kg.
Die volgende veiling is geskeduleer vir 4 Mei 2016.
Bron: Cape Wools