Categories: NewsPublished On: 24th February 2017

Wenke vir veilige deurpadritte

By 2 min read
highway

highway

Om op die snelweg te ry, selfs in die beste weer, is ‘n uitdagende storie, veral vir nuwe bestuurders. As die weer sleg is, soos dit nou gereeld in die afgelope tyd was, is sommige bestuurders angstig. Volgens die Automobiel Assosiasie (AA) raak bestuurders ‘n probleem vir ander indien hulle nie die padreëls volg nie.

“Om veilig op ‘n deurpad te ry benodig jy vaardighede en geduld, veral as daar erge verkeer is.  Dit is baie belangrik om te weet wat jy doen en om altyd die padreëls te volg al beweeg die verkeer stadig. Selfs ‘n klein voorval kan ‘n vertraging vir duisende motoriste agter jou veroorsaak, so dis belangrik dat jy altyd veilig en netjies ry,” sê die AA.

In ‘n onlangse opname wat deur die AA gehou is, het 57% respondente gesê hulle ryvermoë op deurpaaie is bo die gemiddelde. En 21% het gesê hulle ryvermoë op deurpaaie is naby aan perfek en nog 21% het gesê hulle ryvermoë is gemiddeld. Geen respondente het gesê hulle ryvermoë is onder die gemiddelde nie.

“Hierdie uitslae wys dat te veel bestuurders glo hulle is onfeilbaar op die paaie. Baie kere is hierdie houding die oorsaak van ongelukke waar bestuurders dan ander blameer vir die probleme op die paaie en nie hulself nie. Statistieke wys dat dit die bestuurder se houding is wat baie ongelukke veroorsaak,” sê die AA.

Die AA gee riglyne aan motoriste wat op snelweë bestuur:

  • Hou jou voertuig in ‘n goeie toestand – ‘n deurpad is nie ‘n goeie plek vir jou kar om te breek nie. Padbystand sal ook in die verkeer moet sit om tot by jou te kom indien jou kar stukkend is.
  • Bly kalm terwyl jy bestuur.
  • Ken jou roete – as jy nog nooit voorheen op ‘n snelweg gery het nie moet jy oefen in stiller tye – luister na die radio vir ongelukke.
  • Ken jou padreëls en kom dit na. Weet wanneer jy van bane kan verander en wanneer nie en gebruik jou flikkerligte.
  • Weet hoe om met jou kar teen ‘n stadige pas te ry – mens ry nie altyd vinnig op snelweë nie, karre ry baie keer stadig.
  • Betree die snelweg versigtig – wanneer jy aansluit by die verkeer kyk altyd in al jou spieëlties en bindekol om seker te maak dis veilig.
  • Bêre die elektroniese toestelle. Jou volle aandag moet by die pad wees – moenie dat jou selfoon jou aandag aftrek nie. Respekteer ander bestuurders wat ook veilig en op tyd by hulle bestemming wil uitkom.
  • Hou ‘n veilige volgafstand – moenie te naby aan die kar voor jou ry nie.
  • Dra altyd jou veiligheidsgordel – jou passasiers moet ook ‘n gordel aansit en kinders onder drie moet in ‘n karstoeltjie sit.
  • Verseker jou kar – Slegs sowat 35% van alle motors in Suid-Afrika is verseker. Ondersoek versekeringsopsies, en verseker jou voertuig.

Bron: AA

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0