Categories: NewsPublished On: 26th January 2011

Wen rotte met uile en gif

By 1 min read
Nonnetjiesuil (Foto: Peter Steyn)

Rotte veroorsaak nie net vreetskade op plase nie, maar dra ook allerlei siektes wat mense kan aanval. Volgens Bayer: Omgewingswetenskap kan chemiese en biologiese bestryding saam ingespan word teen die pes.

Die maatskappy het onder leiding van dr Andrew Tucker, van die Charlesstraat Veterinêre Kliniek met ‘n Nonnetjiesuilprojek begin. Boere word, as deel van Bayer se volhoubare boerderybeleid aangemoedig om nonnetjiesuile in te span in die stryd teen rotte en ander skadelike knaagdiere. 

Die projek bestaan daaruit dat mense aangemoedig word om veral in skure materiaal wat as broeiplekke vir knaagdiere kan dien, te verwyder, maar om terselfdertyd die omgewing vriendeliker te maak vir uile deur die oprigting van uilkaste.

Dr Tucker sê boere wat reeds bewoonde uilkaste het, kan gerus daaraan dink om meer kaste op te rig as hulle ‘n knaagdierprobleem het. Uile reageer gou op die toename in knaagdiere en elke uil kan ‘n gebied van ongeveer een hektaar beheer.

In tye van groot knaagdieraanvalle kan Bayer se rotgif, Racumin® ook ingespan word. Bayer: Omgewingswetenskap het die gif so geformuleer dat sekondêre vergiftiging bekamp kan word. Die aktiewe bestanddeel in die gif word afgebreek in die knaagdier se verteringstelsel sodat uile wat vergiftigde knaagdiere vreet  nie ook vergiftig word nie.  

Ondertussen het die Nonnetjiesuilprojek wat in 2007 begin is, reeds tot gevolg gehad dat honderde klein uiltjies dwaarsoor die land al die lig gesien het. Boere wat by die projek betrokke wil raak kan vir Dr Tucker by 012-460-9385 skakel of meer inligting kry by www.bayeres.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0