Wen ‘n watertenk met Engen

engen logo
Engen Petroleum, een van die voorste vervaardigers van brandstof, smeermiddels en olie-produkte, besef die groot waterkrisis wat Suid-Afrika as gevolg van die droogteareas in die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en KwaZulu-Natal, asook Lesotho ervaar.
Die gemiddelde reënval in Suid-Afrika in 2015 was 400 mm, waar dit gewoonlik volgens die Suid-Afrikaanse weerdienste 600 mm is. Damme is gemiddeld halfvol regoor die land met ernstige gevolge vir boere en plattelandse gemeenskappe.
Elke keer as dit reën gaan water verlore. ‘n Manier hoe huishoudings geld en water kan spaar is deur ‘n reënwater-oestenk te installeer. Om reën op te vang kan tot 86% van ‘n huishouding se watergebruik voorsien. Die gestoorde water kan dan gebruik word vir stort, bad, toilet, karre was en wasgoed.
Engen se korporatiewe maatskaplike beleggingsbestuurder, Mntu Nduvane sê met Suid-Afrika wat ernstige watertekorte in die gesig staar, het die maatskappy besluit om by te dra in die droogtejaar. “Een manier waarop ons kan help is om huishoudings te help met watertekorte.”
Die Engen “Wen ‘n watertenk”-kompetisie, wat in Mei afgeskop het en tot die einde van Julie duur gee tien tenks weg. Vyf van hierdie tenks sal in KwaZulu-Natal gewen word en die ander vyf in die Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Lesotho. Elke tenk het ‘n stoorkapasiteit van 5 000 liter.
Engen gaan ook ‘n tenk skenk aan ‘n plaaslike NGO in KwaZulu-Natal en ook in die Vrystaat.
Inskrywingsvereistes is R50 se aankope by enige Engen Quickshop in die geïdentifiseerde provinsiale gebiede en Lesotho.
Tasneem Sulaiman-Bray, hoofbestuurder, Korporatiewe Sake, Engen, sê: “As ‘n organisasie wat omgee vir die gemeenskap stel die kompetisie Engen in staat om ‘n klein deel te doen om mense te help om water te kry. Ons hoop ons kompetisiewenners sal die voordele van hulle eie watervoorsienning geniet.”
Bron: Engen