Categories: NewsPublished On: 25th April 2017

Watter tegnologie het jy beskikbaar om plase veiliger te maak?

By 1 min read
195 words
tegnologie

tegnologie 2

Die misdaad-aanslag wat ervaar word op plase strek baie wyd. Buiten die onaanvaarbare hoë getal plaasaanvalle en daarmee saam die moorde wat gereeld in die media rapporteer word, is boere onderhewig aan verskeie ander onaanvaarbare misdade wat gepleeg word.

Hier kan onder andere gedink word aan veediefstal, diefstal van toerusting, gereedskap en insetmiddele, betreding, brandstigting en onregmatige besettings.

Verskeie instansies nader TLU SA van tyd tot tyd met verskillende produkte wat aangewend kan word om die misdaadaanslag die hoof te bied. Sommige bied vroeë waarskuwing terwyl ander dit probeer verhoed.

TLU SA is besig om ‘n opname te doen oor produkte wat eerstens vroeë waarskuwing bied, maar ook wat andersins ‘n bydrae kan maak wat boere kan oorweeg om hulself, die werkers en hulle besittings te beskerm.

Instansies wat reken hulle het ‘n produk wat oorweeg behoort te word,  word versoek om besonderhede daarvan oor spesifiek die aanwending en werking en ook die prys vir TLU SA aan te stuur. Hierdie produkte sal per kategorie tot die beskikking van boere gestel word vir oorweging om beter na hulle eie veiligheid om te sien.

Besonderhede kan gestuur word na dienste@tlu.co.za

Bron: TLU SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0