VIDEO: Die volgende generasie swaar toerusting is elektries
ProAgri Media – YouTube Thumbnail Landscape Electric Truck
Die toekoms van swaar toerusting is reeds hier.
ELB Electric en LiuGong werk saam om die volgende generasie elektriese masjiene na Suid-Afrika te bring. Met ’n fokus op kwaliteit, betroubaarheid en volhoubaarheid bied LiuGong se elektriese reeks oplossings vir ’n wye verskeidenheid bedrywe, van konstruksie en mynbou tot materiaalhantering en industriële toepassings.
In hierdie video gesels ons met Desmond van Heerden en Keon Kardolus oor die groei van die LiuGong-handelsmerk in Suid-Afrika, die sukses van hul vennootskap met ELB Equipment en waarom elektriese toerusting toenemend deel word van moderne bedrywighede. Die gesprek fokus op die kwaliteit en betroubaarheid van die reeks, LiuGong se rol as pionier in battery-elektriese voertuie (BEV’s) en die visie om meer groen masjiene op werkspersele regoor die land te sien.
Slim tegnologie, skoner energie en betroubare werkverrigting vir die toekoms.
Sien meer hier: