Categories: NewsPublished On: 7th June 2016

Veiling voorspel blink toekoms vir rooivleisbedryf

By 1 min read
198 words

Prime rib

Beautiful Prime rib

Sernick Bonsmara wat deel is van die Sernick-groep, het hulle 38ste jaarlikse produksieveiling gehou. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep sê die veiling het alle verwagtinge oortref.

Die 2015/2016-seisoen was moeilik as gevolg van die droogte, maar die uitslag van die veiling het gewys dat kopers ‘n blink toekoms vir die rooivleisbedryf in Suid-Afrika sien.

Die bul wat die hoogste prys op die veiling behaal het was lot 6 en hy is verkoop vir R200 000. Die gemiddeld vir die 34 bulle was R66 800 tenoor die R42 000 in 2015 en R38 000 in 2014.

Koeie en verse wat hoog dragtig was of met klein kalfies het teen ‘n gemiddeld van R16 220 verkoop en die hoogste prys was R18 800. Koeie wat drie tot vyf maande dragtig is, is verkoop vir ‘n gemiddeld van R13 800 en die hoogste prys was R16 500. Verse wat nie dragtig is nie, is teen gemiddeld R6 800 verkoop met die hoogste prys van R7 600.

Nick Serfontein het persoonlik al die Bonsmara-telers genooi om hulle Bonsmara-speenkalwers te verkoop aan die Sernick Voerkraal sodat hulle die onlangse gevestigde gesertifiseerde Sernick Bonsmara-vleis se handelsmerk kan ondersteun. Sernick Bonsmara is ook aangekondig as die Vrystaat se kudde van die jaar deur die LNR(Landbounavorsingsraad).

Bron: Bizcommunity

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0