Uganda ontwikkel 'n virusbestande piesang
Foto: Commons.wikimedia.org
Piesang-bakteriëleverwelksiekte, (BBW) is ‘n siekte wat deur die Xanthomonas-bakterie veroorsaak word. Dit het ’n vernietigende uitwerking op piesangs en kan ‘n boer duur te staan kom. Wanneer dit die piesangplant aanval, verander dit sy sap in etter wat uit die plant vloei as dit gesny word.
In uiterste gevalle sal die plant verlep en doodgaan voordat dit vrugte dra, maar as dit wel vrugte dra, verkleur dit te vinnig van groen, geel en dan swart voor die normale oestyd. Dit is in 2001 vir die eerste keer in Uganda teëgekom, maar het al in die 1960’s skade in Ethiopië aangerig. Die siekte val alle piesangkultivars aan, van die gewilde Matooke tot die soeter tipes, en veroorsaak ’n geraamde jaarlikse verlies van tot $2,2biljoen.
Op die vraag of biotegnologie Uganda se piesangoes kan red, het dr Leena Tirupathi, een van die wetenskaplikes wat navorsing oor BBW doen, in haar artikel in die New Vision gewys op die behoefte om ’n oplossing vir die siekte te vind voordat dit die voedselsekuriteit in die streek destabiliseer. Sy het bevestig dat hulle piesangkultivars ontwikkel het wat in drie siklusse 100 persent bestand was, wat impliseer dat die suiers (lote wat deur die moederplant gevorm word om nuwe piesangplante te kweek) 100 persent bestand is.
Sy het gesê die volgende stap is die uitvoering van ‘n multi-liggingsproewe voor die weerstandige piesang vir boere beskikbaar gestel gaan word. Sonder die nodige wetgewing kan sommige van hierdie finale stappe egter nie tot werklikheid kom nie, wat beteken dat boere sal moet voortgaan om die besmette plante uit te haal en te verbrand en JIK-skoonmaakmiddel moet koop om hulle snoeimesse na elke plant te ontsmet, wat derhalwe hulle winste beïnvloed. Die regering sal ook voortgaan om meer geld te bestee aan die bestuur van die siekte in plaas van om geld in landbounavorsing te belê.
Bron: Freshplaza.com