Tatu plant geld in die bank!
Daar is geen twyfel nie: geenbewerking is die koers vir die toekoms. Dis die akkerboumetode wat grond en water die beste benut om die hoogste opbrengs teen die laagste insetkoste te verseker – en dít boonop volhoubaar sodat ons nageslag darem ook sal kan boer.
Hierdie werklikheid is so deeglik in Brasilië bewys dat geenbewerking reeds op 56% van hulle landbougrond toegepas word.
En ook geen wonder nie, want met geenbewerking gebruik Brasiliaanse boere jaarliks 4,8 uur minder arbeid per hektaar, 5,3 minder voertuiguur per hektaar, 59,4 liter minder diesel per hektaar, 13,8 kg minder stikstof per hektaar, 9,6 kg minder fosfor per hektaar en 13,6 kg minder kalium per hektaar.
Boonop verseker geenbewerking veel beter waterbenutting, veel minder bogrondverlies en ’n groter, bestendiger opbrengs. Stikstof word 25% beter benut, die minder verkeer op die land verminder grondverdigting en mikrobiese lewe en die grondstruktuur word verbeter.
Geenbewerking werk nie net in verre lande nie. Ons eie oom Dries Cronjé van die plaas, Vaalpan, naby Ogies, se eerste geenbewerkingproef met mielies het ’n bevredigende 7,6 ton per hektaar opgelewer en in 2007 se droogte het die geenbewerkinglande 4,8 ton per hektaar gegee teenoor die voorafgaande verminderde bewerking se 4 ton per hektaar.
Hierdie resultate het oom Dries oortuig om vanjaar geenbewerking op ’n groter skaal toe te pas: 600 hektaar van sy mielies en 150 hektaar van sy soja.
“Dit lyk baie belowend,” sê hy: “Die eerste 75 hektaar is nou gestroop teen ’n gemiddelde opbrengs van 9,13 ton per hektaar.”
Maar die grootste lekkerkry is die dieselbesparing: Waar daar op Vaalpan eers met minimumbewerking 31,2 liter diesel per hektaar gebruik is, verg geenbewerking net 15,5 liter per hektaar.
Elke boer kan maar vir homself uitereken wat so ’n besparing hom in die sak kan besorg – en dit vir ’n groter, bestendiger, volhoubare opbrengs!
Maar niks kom vanself nie. Voor jy voordeel uit geenbewerking kan put, moet jou grond chemies gebalanseer wees en daar moenie verdigtingslae wees nie. Jy moet spoorverkeerbeginsels in die lande toepas en jy moet ’n wisselboustelsel bedryf om siektes te fnuik.
Die regte planter
’n Sleutelvereiste vir suksesvolle geenbewerking is die planter. Moenie eers daaroor droom om met ’n gewone planter te sukkel nie, want daarmee kan jy al die voordele van geenbewerking ongedaan maak en jouself in die ellende in boer.
Daarom gebruik oom Dries net die beste planter vir die doel: ’n Tatu Cop Suprema verskaf deur Valtrac.
Die Tatu voldoen uitmuntend aan al die vereistes wat aan ’n geenbewerkingplanter gestel word:
- Hy het ’n hoë vryruimte vir stoppels om onderdeur te beweeg.
- Hy is swaar om diep in te dring vir ’n egalige plantdiepte.
- Hy het ’n baie sterk konstruksie om die strafste omstandighede lag-lag te hanteer.
- Sy uitmeetmeganisme is presies akkuraat en verseker ’n egalige plantestand wat ’n voorvereiste vir ’n hoë opbrengs is. Plate vir verskillende saadgroottes en -vorms is onmiddellik beskikbaar.
- Sy kouters sny netjies deur plantreste om akkurate plantwerk in plantreste te verseker.
- Hy plaas kunsmis en saad op presies die regte diepte en met presies die regte spasiëring.
- Sy egalige plantdiepte en perfekte kontak tussen die saad en die grond verseker ’n goeie, egalige plantestand en ontkieming.
- Sy kouters en toetrapwiele is verspringend gemonteer sodat hulle hulleself skoonmaak en nooit aanpak nie.
Oom Dries se eerste Tatu-planter werk nou vier jaar sonder probleme. Die enkele laers wat vervang moes word kan enige plek gekoop word.
Valtrac se kundigheid is ’n bate vir die boer en hulle diens is blitsig en onverbeterlik.
So volkome tevrede is oom Dries dat hy reeds nog twee Tatu-planters by Valtrac bestel het om sy hele boerdery na geenbewerking oor te skakel.
Jy kan ook volhoubaar vir die toekoms boer. Skakel nou vir Hennie du Toit van Valtrac by 056-817-7308 of besoek www.valtrac.co.za.