Categories: NewsPublished On: 11th August 2010

Tata-is-die-tawwe-trok–vir-flink-vervoerwerk!

By 3 min read

’n Rateltaai vragmotor wat sy vrag soos ’n man dra en baie min vra, is die Tata 1518-agttonner, waarvan Kobus Groenewald van Xhariep Fencing & Transport op Petrusburg in die Vrystaat nou reeds twee in sy vloot het.

’n Boer se vragmotor kan dalk nog af en toe ’n ruskansie kry wanneer hy besig is om beeste te brand of mielies te plant, maar Kobus se vragmotors draf aldag heeldag met volle vragte oor growwe grondpaaie.

As oud-polisieman spesialiseer Kobus Groenewald in elektriese heinings vir plaasbeveiliging en jakkalsbeheer, en as liefhebber van voortreflike masjiene vervoer hy boere se produkte doeltreffend met sy Tata-trokke. Vir albei take kan jy hom by 082-829-7561 skakel.

Kobus is ’n vervoerkontrakteur wat hom op diens aan die landbou toespits. Sy vragmotors dra hoofsaaklik aartappels, ander groente soos uie en pampoene, sowel as koring, mielies en sonneblom.

Die groente ry hy hoofsaaklik van die plase af na Bloemfontein, Kimberley en Welkom se markte, en die graan hoofsaaklik van die plase af na graansuiers en veevoerfabrieke.

Dit beteken dat sy vragmotors daagliks aan uitdagings van alle soorte blootgestel is en sy twee Tata-trokke hanteer dié vragte soos ware kampioene.

Kobus se eerste Tata-staatmaker was in Januarie twee-en-’n-halwe jaar oud en het vandag 170 000 hardwerkende, moeitevry kilometer afgedraf. Hy is besonders tevrede met die goeie diens wat hy kry van Tata en kan ook maklik onderdele oor die toonbank koop.

Die tweede een het sedert Februarie vanjaar 83 000 km afgelê en nie die geringste probleme  besorg nie.

Met sy betroubare sessilinder-, interverkoelde Cummins-turbo-dieselenjin van 5,883 liter wat 132 kW teen 2 500 opm en ’n gedugte 650 Nm wringkrag teen 1 500 opm uitskop, gebruik die Tata 1518 die minimum diesel om ’n vyftonsleepwa saam te sleep. Sy uitlaatgas voldoen aan Euro 2-standaarde.

Hy is vas op die pad en voel altyd veilig, vertel Kobus. Sy kragstuur, gerieflike sitplek en byderhand kontroles maak die bestuurder se lewe maklik en sy dubbelleidinglugremstelsel, dagmaker-ligte, perfekte bestuurdersposisie en onbelemmerde uitsig voldoen aan die strengste vereistes.

Kobus se trokke is toegerus met valkantbakke wat deur Talbert vervaardig is en waarmee hy baie tevrede is, maar Tata-trokke is perfek vir enige soort bak – veral ook met veetralies om diere veilig en doetreffend te vervoer.

’n Tata-trok het nie onnodige tierlantyntjies wat jou verwar en in die steek kan laat nie, maar hy het alles wat ’n trok nodig het om sy werk perfek te doen, verklaar Kobus.

Kobus spits hom toe op vervoer in die agttonklas, maar Tata het ’n vragmotor presies vir elke taak – van 2 tot 35 ton en van ’n wipbak tot ’n betonmenger met alles daartussen.

Hy is ingenome met die flink diens wat hy by Tata in Bloemfontein (051-434-2500) ontvang, maar daar is ’n ewe toegewyde Tata-handelaar naby enige boer enige plek in die land. Skakel 011-255-9600 of e-pos tatatrucksandbuses@tata.co.za om te hoor wie die handelaar naaste aan jou is. Besoek ook www.tata.co.za vir meer inligting.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment