Categories: NewsPublished On: 7th February 2017

Standerton se sakelui staan bankvas agter Astral oor Eskom

By 1 min read
264 words
Eskom

eskom 1

Veertig sake-ondernemings en organisasies het hulle steun toegesê aan Astral. Astral Foods Limited, ‘n groot Suidelike-Afrika pluimveemaatskappy, is besig met verskeie onderhandelinge en is in die proses met regstappe om te verseker dat die kragtoevoer na hulle Goldi- en Meadow Feeds-bedrywighede in Standerton nie onderbreek word nie.

Eskom het gedreig om die elektrisiteit aan nie-betalende munisipaliteite in middel Januarie 2017 te onderbreek, indien die munisipaliteite nie ‘n terugbetalingsooreenkoms met Eskom aangaan nie.

Die Noord-Gauteng se Hooggeregshof is oorval met interdik-aansoeke teen Eskom deur verskeie vervaardigingsmaatskappye wat Eskom verbied om die krag af te sny.

Na ‘n vergadering met die adjunk-regterpresident van die Noord-Gauteng se Hooggeregshof het Eskom ingestem om die afsny van die krag van die Lekwa plaaslike munisipaliteit uit te stel tot 28 Februarie 2017 terwyl hulle wag vir die hofverrigtinge van 21 en 22 Februarie 2017.

“Ons verwelkom die ondersteuning van Standerton/Lekwa se sakegemeenskap en 40 organisasies het Astral met beëdigde verklarings ondersteun om hulle saak teen Eskom te stel. Eskom erken dat Astral en COFCO Agri gesamentlik 60% van Lekwa se elektrisiteitskliënte verteenwoordig,” sê Chris Schutte, besturende direkteur van Astral.

Chris sê ook dat as Eskom daarop aandring om die betaalde kliënte te penaliseer, die tyd aangebreek het vir die gemeenskap, organisasies en werkers om saam te staan om hulle saak te stel. Die belangrikheid van vervaardigingsmaatskappye in die plaaslike ekonomie moet uitgelig word asook die feit dat hulle nie sonder elektrisiteit kan nie.

Lees ons vorige twee berigte hieroor:

11,5 miljoen hoenders kan vrek as Eskom Standerton se krag afsny

Eskom stem in om Standerton se hoenders vir eers te red

Bron: Astral Foods Limited

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0