Stand van damme

gariepdam
Daar is steeds ‘n algemene daling in die damme se vlakke teenoor verlede jaar.
Volgens die Departement van Waterwese was die Vanderkloofdam verlede jaar die tyd 90,3% vol, laasweek 60,3% en op die laaste dag van Februarie was hy maar 58,5% vol. Die Katsedam was verlede jaar 87,9% vol teenoor verlede week se 63,5% en nou staan die vlak op 63,8%. Die Gariepdam, wat die grootste dam in Suid-Afrika is, was verlede jaar 90,4% vol, laasweek 51,0% en die laaste dag van Februarie 53,9%. Die Katse- en Gariepdam het ‘n geringe verbetering van verlede week af getoon.
Die Vaaldam was verlede jaar hierdie tyd 80,9% vol, verlede week was hy 50,2% vol en op die laaste dag van Februarie was hy 49,7% vol. Die Bloemhofdam staan nou op ‘n skokkende 16,2 % teenoor verlede week se 17,2 en 2015 se 69,0%. Die Hazelmere daal ook steeds en trek nou op 33,9% teenoor verlede week se 34,1%.
Bron: Departement van Waterwese