Categories: News, WheelsPublished On: 5th October 2015

So lyk die eerste nuwe Ranger

By 1 min read
107 words

 So lyk die eerste nuwe Ford Ranger wat pas uit die fabriek in Silverton, Pretoria, gery het.  Die fabriek is nou gereed vir produksie van die nuwe gewilde bakkie wat behoorlik ‘n plek in die boeremark oopgery het.

 

Ford se mense is klaar met al die veiligheidstoetse, die hele proses is in plek en verskaffers is gereed vir die produksielyn om aan die gang te kom. Die Ford Rangers gaan na 148 markte uitgevoer word. Op die foto is Ford Suid Afrika se president en HUB, Jeff Nemeth, en Ford se verteenwoordigers vir Afrika en die Midde-Ooste, Kalyana Sivagnanam en Jim Benintende by lede van die Ford Suid-Afrika-span.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0