Slim sakebesluite kan tot belastingsvoordele lei: John Deere Finansieel gee raad

john deere financial logo
Elke suksesvolle boer weet dat ingeligte belasting- en beleggingsbesluite, gemik op voortdurende groei, belangrik is vir die langtermyn lewensvatbaarheid van enige onderneming.
Die belastingseisoen is een van die belangrikste tye van die jaar vir enige onderneming. In hierdie periode moet produsente besluite neem wat hulle sake in die langtermyn beïnvloed. As daar besluit word om te belê in kapitaaltoerusting, kan dit korttermynvoordele inhou, van ’n belastingsoogpunt, maar die besluit moet opgeweeg word teen langtermyn beleggingspotensiaal (na belasting) en kontantvloei.
Met die hoogste mieliepryse wat die land nog ooit gesien het, kan hierdie jaar meer belangrik wees as wat ons dink. Ingeligte sakebesluite en begrip van belastingimplikasies, verseker die voordurende groei van jou plaasbedrywighede.
Belastingsvoordele is baie belangrik wanneer jy moet besluit oor die aankoop van plaasgereedskap
“Alle sake-eienaars en spesifiek boere het verskeie dinge wat daagliks hulle tyd in beslag neem – en optimalisering van hulle belasting- en beleggingsbesluite moet hoog op hierdie lys wees. Gedurende die belasting jaareinde kan dit dalk ’n goeie geleentheid wees om weer te belê in die besigheid, veral as daardie beleggings voorheen uitgestel is en gereedskap vervang moet word,” verduidelik Antois van der Westhuizen, John Deere se finansiële besturende direkteur.
Klein sakeondernemings moet jaarlikse belastingopgawes binne 12 maande of aan die einde van ’n finansiële jaar (Februarie 2017) voltooi. Besluite oor kapitaal-vervanging en -uitbreiding vorm deel van produsente se beplanning wat jaarliks voor die einde van die jaar afgehandel moet word, maar ook by belastingopgawes ingesluit moet word.
“John Deere Financial se lenings maak dit moontlik vir produsente om plaastoerusting teen ’n laer tarief aan te koop (so laag as 1,25% jaarliks) en om vasgestelde winste te optimaliseer in ’n doeltreffende en voordelige wyse, wat toekomstige groei verseker,” sê Antois.
“Byvoorbeeld, John Deere Financial bied lenings aan boere waar ’n 50% deposito in die eerste jaar betaal word, 30% in die tweede jaar en 20% in die finale jaar. Hierdie struktuur weeg die waardeverminderingstoelae wat die produsent ontvang, teen die winste wat verklaar word, om sodoende eenvormigheid tussen belastingsvereistes en die beskikbaarheid van kontantvloei te bewerkstellig,” sluit Antois af.
Vyf wenke om jou belastingterugbetalings in 2017 te maksimaliseer
1) Maak dit jou doelwit om winsgewend te wees en nie net die minste belasting te betaal nie. Ondernemings fokus heel dikwels so op die minimalisering van belastingverpligtinge, dat hulle nalaat om die ware “sake”-fokus in perspektief te hou – die maksimalisering van winsgewendheid ná belasting vir hierdie jaar, asook die jare wat kom.
2) Belê hierdie belastingjaar in jou plaas. Wanneer boere besluit om te belê, het hulle oor die algemeen twee opsies: om vanjaar se winste in ag te neem, of om die winste te belê vir ’n moontlike winstoename in die toekoms.
3) Maksimaliseer kapitaalwinsbelasting met aftrekkings oor verskeie jare. Die beleggings wat jy vandag maak kan oor verskeie jare afgetrek word. Dus, moet belastingsbeplanning vanuit ’n multi-jaar uitgangspunt geskied. ’n Tipiese aftrekkingstruktuur lyk soos volg: 50% hierdie jaar, 30% die volgende jaar, 20% die derde jaar. Besluite wat jy vandag neem, sal ’n impak hê op toekomstige jare se belastingbeplanning.
4) Optimaliseer jou kapitaalbelegging-benodighede. Gedurende die laaste drie jaar, is daar waarskynlik onderbelê in jou kapitale bates. Dit mag dalk nou die tyd om jou kapitale-beleggingsplan in te haal. Tog moet jy nie probeer om die laaste drie jaar se doelwitte in een jaar te prop nie.
5) Gebruik BTW-lening terugbetalings om jou plaas se finansiële veerkragtigheid te vermeerder. Om beheer te neem van jou BTW-betalings is die sleutel tot optimale kontantvloei bestuur in enige agri-besigheid (groot of klein). Tydens die aankoop van kapitaalbates, kan die BTW-betaling ’n noemenswaardige deel van die waarde in beslag neem. Deur jou lening se terugbetalingstruktuur op jou kapitaalbelegging te verander sodat dit jou BTW-terugbetaling kan insluit, kan jy die terugbetalingsproses versnel en sodoende die finansiële veerkragtigheid van jou besigheid verseker.
Vir meer inligting oor John Deere se aanbiedinge, besoek die webblad om jou naaste handelaar op te spoor. Hou ook hulle Facebook en Twitter-blaaie dop vir die jongste nuus.
Bron: John Deere