Categories: NewsPublished On: 30th May 2016

Renosterhoringhandel finaal goedgekeur

By 1 min read

renosterhoring

Suid-Afrika gaan binnelandse handel met renosterhorings toelaat, nadat dit vir sewe jaar verban is. Internasionale handel van die horings word steeds verbied.  Die Appèlhof het die regering se aansoek om die binnelandse moratorium in plek te hou, verwerp.

Volgens National Geographic het Suid-Afrika die wêreld se grootste renosterbevolking.

Die wettige handel in renosterhorings word deur baie bewaringsorganisasies verwelkom, omdat hulle glo dat dit onwettige handel sal bekamp. Natuurlike markkragte sal die pryse laat daal sodat die onwettige verkoop van horings nie meer so lonend sal wees nie.

Daar is ook baie renosterhorings wat jare lank deur boere en in wildtuine opgegaar en gestoor is, wat nou in die mark geplaas kan word. Meer aanbod beteken gewoonlik laer aanvraag en laer pryse.

Verlede jaar is 1 175 renosters gestroop, dit is 40 minder as in 2014, maar steeds baie hoër as die 13 wat in 2007 doodgemaak is.

Kopers en verkopers van renosterhorings in Suid-Afrika het steeds ‘n permit nodig om daarmee te kan handel.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0