Reinke bou voort op ‘n kultuur van vooruitgang

End Gun2
Vooruitgang is onmoontlik sonder verandering
Reinke is soveel meer as net ‘n besproeiingsmaatskappy. Reinke het onlangs sy hoofkantoor verskuif na die hartjie van Potchefstroom; ՚n tuiste vir boere wat op besproeiing staatmaak. Met meer as genoeg onderdele, voorraad en volledige spilpunte wat onmiddellik beskikbaar is om opgerig te word, maak dit enige besproeiingsboer se hart warm klop.
Reinke is die wêreld se grootste besproeiingsmaatskappy in private besit. Dié Amerikaanse maatskappy is al ՚n hele paar jaar aan die uitbrei in Afrika. Die oprigting van ՚n besproeiingstelsel kan uitdagend wees, maar flink diens en die blitsige beskikbaarheid van onderdele maak dit makliker. Reinke verstaan dit baie goed en daarom is die besluit geneem om die maatskappy se hoofkantoor en onderdelepakhuis van Durban af na Potchefstroom te verskuif waar dit meer sentraal geleë is.
Aan die einde van 2022 het Reinke die aankondiging van Potchefstroom as nuwe tuiste vir hulle pakhuis gemaak. Hierdie pakhuis sal steeds, soos in Durban, gebruik word om voorraad te berg en blitsig beskikbaar te stel aan Reinke se kliënte in Afrika.

Potchefstroom beteken beter dienslewering vir Reinke
Patrick Ellis, besturende direkteur van Reinke Suid-Afrika, vertel: “Die nuwe uitbreiding sal ons toelaat om ons reikwydte regoor Suid-Afrika sowel as Botswana, Namibië en Zimbabwe te verbreed. Dit beteken beter en
vinniger diens aan ons bestaande en nuwe kliënte in die hele streek. Daarby sal die ruimte in die pakhuis dit moont-
lik maak om ons kliëntebasis en ons produkreeks te vergroot.”
Reinke se betrokkenheid by die gemeenskap
Die uitgebreide Reinke-hoofkantoor skep ook bykomende werksgeleent-hede vir algemene werkers en ver-koopspersoneel binne die bestaande werksmag. Meer hande wat die werk kan doen dra ook by tot beter bystand en ondersteuning aan boere.
Reinke se span glo ook daaraan om betrokke te raak by die plaaslike gemeenskap en omgewing. Daar is reeds uitgereik na die Potchefstroomse Sakekamer om hulp aan te bied met die instandhouding en skoonhou van paaie, sypaadjies, parke en ander openbare ruimtes in die gebied.
In ՚n tyd wat boere net altyd onderworpe is aan prysstygings, wag daar moontlik ook ՚n paar goeie verrassings. As gevolg van die konsolidasie van die hoofkantoor op ՚n enkele plek, kan sommige van Reinke se dienste en produkte selfs ՚n bietjie goedkoper word.
Reinke het groot planne vir die toekoms
“Hierdie nuwe hoofstuk sal die begin wees van ons doelgerigte uitbreiding na lande soos Namibië, Zambië, Swaziland, Mosambiek en Zimbabwe, met die uiteindelike doel om ons Reinke-hande-laarskappe in elk van daardie lande sterker te maak,” sê Patrick. “Ons sal dit doen deur bemarking- en tegniese ondersteuning en opleiding te verbeter, en ook om nader aan die boere in hierdie gebiede te beweeg.”

Die handelaars wat tans Reinke-produkte in hierdie Afrika-lande verkoop, sal baie voordeel trek uit die verskuiwing na Potchefstroom.
“Wanneer ons die geleentheid sien om meer Reinke-handelaarskappe in hierdie Afrika-lande te vestig, sal ons permanent of tydelik tegniese ad-viseurs op sekere strategiese plekke plaas,” verduidelik Patrick.
Reinke is baie opgewonde om aan te kondig dat die Potchefstroom-hoofkantoor amptelik sy deure op 15 Mei 2023 sal open.
Saam met die skuif na die nuwe hoofkantoor, moedig Patrick hulle kliënte aan om al die Reinke-nuus te bly volg. “Hou hierdie ruimte dop! Reinke Afrika gaan vanjaar met ՚n groot verrassing na vore kom.”
Noordwes-boere glimlag breed oor Reinke se nuwe tuiste
՚n Boer moet elke stukkie grond tot sy beskikking behoorlik benut. Dit is nie in ՚n boer se aard om te mors nie, veral nie met iets so kosbaar soos krag, water of grond nie. Reinke is dit met die boere eens en daarom probeer hulle altyd om die boer te help om doeltreffend en kostedoel-treffend te besproei. ՚n Groot deel van Reinke se kultuur van vooruitgang is waarde vir geld, gehalte en diens.
Waarde vir geld, gehalte en diens

Uitvalhoeke in jou land kan soms uitdagend wees om te besproei. Wikus
van Niekerk van Alwee Boerdery naby Potchefstroom plant saadmielies, droëbone, koring en voersorghum onder besproeiing.
Soos baie ander boere, het Wikus met uitvalhoeke tussen sy bestaande spilpunte gesukkel.
Wikus het vele besproeiingstelsels oorweeg voordat hy besluit het om Reinke-spilpunte te koop. Die prys was die deurslaggewende faktor. “Ek het gekyk na koste in rand per hektaar en daar was Reinke die heel beste,” vertel Wikus.
“In Oktober 2019 het ek drie 18-hektaar Reinke-spilpunte bestel om die uitvalhoeke tussen my bestaande spilpunte te besproei, en binne ՚n week was al drie spilpunte opgerig. Die Reinke-span is betrokke by die hele proses, van die beplanning en ontwerp tot by die oprigting en naverkope-diens,” vertel Wikus.
Reinke is daartoe in staat om vir elke boer ՚n stelsel te ontwerp wat presies aan sy unieke behoeftes voldoen.
Reinke-spilpunte word geken aan hulle stewige struktuur wat van ligte, maar sterk materiaal vervaardig word. “Dit is een van die redes waarom dit nie moeilik is om Reinke se spilpunte op te rig nie. Hulle is ligter as die ander, maar net so stewig,” voeg Wikus by.
Nog boere van Noordwes praat met lof van Reinke se topgehalte, bekostigbare spilpunte.
George Enslin en Schalk Barnard is plaasbestuurders van Castello Boer-dery. Schalk bestuur die plaas buite Potchefstroom in Viljoenskroon se koers en George is aan die stuur van sake op die plaas naby Rysmierbult in die rigting van Ventersdorp. Hulle boer met graan en Bovelders.
In November 2020 het Schalk besluit om ՚n Reinke-spilpunt te laat oprig. Schalk en George het saam besluit op ՚n enkeltoring Reinke-spilpunt wat sowat twee hektaar besproei. Die rede vir die grootte van die spilpunt was dat die onderhoudskoste van ՚n kleiner spilpunt laer is en die bestuur makliker.

Die spilpunt is opgerig op ՚n uitvalshoek tussen bestaande spilpunte. “Ek het gesukkel om onderdele vir ons bestaande spilpunte op die plaas te kry. George het my aangeraai om Patrick Ellis te skakel, en die volgende dag was alles wat ek nodig gehad het hier op die plaas. Daar het ons verhouding met Reinke begin,” vertel Schalk.
Schalk se spilpunt spog met die beste tegnologie soos net Reinke kan bied. Die beheerstelsel is ՚n GPS-toestel, wat hom in staat stel om alle funksies en verstellings van die besproeiingstelsel vanaf enige plek in die wêreld met sy slimfoon te beheer.
Buiten Reinke se GPS-beheerstelsel spog hierdie spilpunte ook met swaardiensratkaste. Die ratkaste gebruik groter, sterker laers wat ՚n langer leeftyd bied met ՚n vlekvryestaaldop wat vog en dus ook roes bekamp. Die ratkas is versterk op al die plekke wat gewoonlik die meeste vrag dra, en ՚n stewiger as verseker minder spanning op die wielmoere. Die hele ratkas is ontwerp om versieningswerk so min as moontlik te maak en die leeftyd so lank as moontlik te rek.
Wikus, George en Schalk is dit eens: Reinke se topgehalte produkte en naverkopediens kan vir enige boer aanbeveel word.
Reinke sorg dat die boer sy grond, en sy geld, so goed as moontlik benut deur ՚n besproeiingstelsel te ontwerp wat spesiaal by daardie plaas pas.
Vir enige navrae kan Patrick Ellis, direkteur van Reinke Suid-Afrika, gekontak word by 031 350 4525 of stuur ՚n e-pos aan patrickellis@reinke.com.