Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 2nd April 2020

RCL Foods se Molatek Beesvet 33+:Trakteer jou kudde met meer kwaliteit proteïene

By 3 min read
655 words

IMG_3023

Die bulle se kondisie is te danke aan die goeie voerprogram wat Andrew Green van Ladysmith op die plaas toepas. Neale White en Espee Olivier van Molatek is altyd beskikbaar om nommerpas rantsoene te help uitwerk.

Almal hou daarvan om na mooi beeste te kyk, maar almal besef nie hoeveel navorsing en beplanning daar in die voerprogram is om die bees in daardie goeie kondisie te kry nie. Daar is talle slaggate wat die boer baie geld kan kos, maar daar is ook baie kundigheid wat hom kan help om sy beeste en beursie vet te maak.

Daarom glo Andrew Green van die plaas Kleinfontein naby Ladysmith daarin om Molatek Beesvet 33+ by sy kudde te betrek: “Die diens en kundigheid wat Molatek vir my gee is die rede hoekom ek hulle produk gebruik,” sê Andrew. Andrew teel Bovelder-beeste en hou elke jaar ’n produksieveiling. Uit ’n trop van sowat 2 500 koeie se kalwers kies hy 25 tot 30 bulletjies, wat beteken dat net die beste genetika op die veiling aangebied word. Hy het so twee jaar gelede die Molatek-span genader met sy voerbehoeftes en was nog nie ’n enkele dag spyt daaroor nie.

Wanneer jy ’n kliënt van Molatek is, verkoop hulle nie net die sak vol voer aan jou dat jy dan maar self moet sien en kom klaar nie. O nee, daar kom ’n voerkundige na jou plaas toe om na jou kudde te kyk en jou behoeftes deeglik te ondersoek. Molatek neem die boer se behoeftes in ag, asook die grondstowwe wat hy beskikbaar het om voer mee te meng. Daarna werk hulle rantsoene uit na gelang van die doel waarvoor die boer gaan voer. Bulle wat voorberei moet word vir veilings se rantsoene en mengsels sal byvoorbeeld baie verskil van ’n uitskotkoei of speenkalf wat voorberei word vir die slagpale.

Neale White (Molatek), Kelby Green, Andrew Green en Espee Olivier (Molatek), saam by die voerkraal wat die Green’s bedryf.

“Die veeldoelige manier waarop Beesvet 33+ gebruik kan word, is ook ’n pluspunt,” vertel Espee Olivier van Molatek. Wanneer dit kom by die uitgroei en voorbereiding van veilingsbulle kies die Green’s Beesvet 33+.

Andrew glo daarin dat die bulle kleiner hoeveelhede van die bulmengsel oor ’n langer tydperk moet kry sodat hulle ’n stadiger groei toon oor die voer tydperk en nie te vet word in die proses nie. Daarom begin hulle om die Beesvet 33+ mengsel teen 1% van die bulle se gewig te voer. Dit word mettertyd verhoog na 2%. Die proses begin reeds in Maart, alhoewel die veiling eers in September is.

Neale White verduidelik die volgende. “Beesvet 33+ word teen 16% in die rantsoen ingesluit. Daarom word die proteïenkonsentraat in sakke van 40 kg verpak. In hierdie geval word daar vier sakke op ’n ton voer, bestaande uit mielies, soja-oliekoek of Molatek Bypass en Molatek me-lassemeel, gemeng, wat die mengsel meer ekonomies doeltreffend maak en die boer hoef nie te sukkel met halwe sakke wat oop rondstaan nie.

Beesvet 33+ is wetenskaplik saamgestel uit verskillende bronne van proteiene wat uit verskillende amonisure bestaan. Dit bevorder groei, spierontwikkeling en vetneerlegging. Die suikerrietbasis van Beesvet 33+ bevat suiker as ’n energiebron in plaas van stysel. Dit help om klougroei en ander gesondheidsrisiko’s by die bulle te voorkom.

Op Andrew Green se plaas word die Beesvet 33+ met mielies, soja-oliekoek en Molatek melassemeel gemeng om ’n smaaklike en doeltreffende mengsel vir die diere te voer.

“Behalwe die uitstekende diens, is die Beesvet 33+ ook ’n baie goeie produk. Dit is ’n goeie konsentraat en maklik om te meng en te gebruik. Dit bied goeie waarde vir geld,” verklaar Andrew.

Die produk bevat ook ’n groei-bevorderaar in die vorm van Monensin. Dit bevorder nie net voeromset nie, maar voorkom ook dat die gulsige vreters nie te veel vreet en opblaas nie.

Espee verduidelik ook dat dit baie belangrik is om voldoende kripspasie te voorsien sodat die bulle mekaar nie probeer domineer terwyl hulle vreet nie. Andrew het juis om hierdie rede sy spannetjie bulle verdeel in kleiner groepe met meer voerbakke.

Skakel Espee Olivier vir meer inligting by 082-771-4035 of by 013-791-1036. Besoek die webblad by www.molatek.co.za of stuur ’n e-pos aan molatek@rclfoods.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0