Pöttinger-snyertegnologie loop ver voor: Valtrac sny sy pad oop in boere se harte

DSC_0148
Die Pöttinger-snyers word voor- en agter aan die trekker gemonteer. Die voorste snyer is die Alpha Motion 301 en hy sny 3 meter wyd. Agteraan is die Novacat 351 wat 3,5 meter wyd sny. Dit is altesaam 6,5 meter se eersteklas snywerk met elke lopie deur die land.
Enige boer se droom is om die meeste uit elke halm te verkry, tesame met verteerbare en voedsamer voer vir sy diere. Nie net voldoen Pöttinger se snyers aan boere se drome nie, maar draf ook soos ՚n droom deur enige gewas.
Valtrac is die betroubare verskaffer van Pöttinger-toerusting. Die mense van Valtrac weet dat snywerk flink en vinnig afgehandel moet word in die klein venstertydjies wat die weer toelaat. Hulle boer immers self.
Vir ՚n melkboer in die hartjie van die Tsitiskamma is dit baie belangrik dat die potensiaal van sy plaas tot die maksimum benut word en om te sorg dat daar deurlopend voldoende kos vir die beeste beskikbaar is.
“Ons kliëntebasis is hoofsaaklik die melkboere in die omgewing,” vertel Johan Steyn, takbestuurder by Valtrac Humansdorp. “Dit is daarom ons verantwoordelikheid om seker te maak dat ons vir die boere betroubare trekkers en snytoerusting bied,” voeg hy by.
Net soos Valtrac, stap EC Contracting, wat ook ՚n groot kliënt van Valtrac is, die pad saam met boere in die Oos-Kaap.

EC Contracting se pad met Valtrac
MC Veldsman, eienaar van EC Contracting, vertel: “EC Contracting het in 2012 ontstaan, en ons hoofdoel is om kuilvoer vir ons klante te maak.
Die samestelling van die onderneming het begin met drie kleiner sake van drie vennote wat saamgevoeg is, onder meer geelmasjiene, kuilvoermasjiene, misstrooiers en spuitwerk.
Vandag staan ons bekend as EC Contracting en die dienste wat ons aan boere in die Oos-Kaap lewer sluit in plantwerk, kuilvoermaak, grondwerk, geelmasjiene, vervoer en vele meer.
“Die hoofgebied wat ons bedien is Tsitsikamma vanaf Humansdorp, alhoewel ons ook ander takke het wat operasioneel is in Kookhuis in die Cradock-gebied wat dan van daar af werk doen in Queenstown, Elliot, Ida en omliggende gebiede. Gedurende die wintermaande doen ons ook werk in die Wes-Kaap, maar dit is slegs seisoenaal,” verduidelik MC.

“My pad met Valtrac Humansdorp het ongeveer twee jaar gelede begin, waar ons ՚n paar Valtra-trekkers, onder meer die N134, en ՚n hele paar T194’s aangeskaf het. Die nuutste toevoegings is die T234 en van die grastoerusting.
“Soos met enige kontrakteurwerk is tyd ՚n groot faktor en slytasie is jou vyand, so ons probeer gebruik maak van betroubare en die hoogste gehalte toerusting om ons werk so goed as moontlik te doen, met so min as moontlik staantyd.
“Die eerste ding waarna ՚n mens ook kyk behalwe vir wat die toerusting vir jou bied, is natuurlik die kostes. Ek kan getuig daarvan dat die waarde vir geld wat ons uit die toerusting van Valtrac kry, dit werklik die moeite werd maak,”
vertel MC.
MC voeg by: “Die funksies en die spesifikasies van die trekkers is baie goed, wat vir ons baie operasionele voordele bied in terme van die werk wat daagliks gedoen moet word, die doeltreffendheid daarvan asook die brandstofverbruik van die trekkers.”
Kry meer gedoen met minder

MC brei uit oor waarom hy spesifiek op die Pöttinger 351/301 Alpha Motionsnyers besluit het: “Die feit dat jy twee keer meer snywerk kan doen met die snyers wat voor- en agter gemonteer word, waar ander snyers slegs een se werk doen, maak soveel meer sin vir my. Dit is nou slegs een trekker wat twee trekkers se werk doen. Dit bespaar tyd en dit is meer doeltreffend. Die trekker trap ook nie material wat gesny moet word plat nie.
”Wanneer daar van een fabrikaat na ՚n ander geskuif word, is daar maar gewoonlik onsekerheid, en Johan en sy span van Valtrac Humansdorp het ons as EC Contracting werklik baie gehelp en ondersteun met ons keuses, en ook die voordele van elk mooi verduidelik en uitgelig.
“Vandat ons die produkte aangeskaf het tot en met vandag, is Valtrac se diens fenomenaal. Ek weet nie of ons net bederf is of wat die storie is nie, maar wanneer daar na iets gekyk moet word of as ons onseker is oor iets, is hulle onmiddellik daar om te help. Hulle doen baie moeite om seker te maak dat alles seepglad binne my besigheid verloop!
“Daar kan baie goed vooraf vir jou vertel en verduidelik word, maar as jy eers met die toerusting en trekkers begin werk en jy sien die verskil wat dit maak, dan draai jou kop ook baie vinniger. Dit is soos die bekende gesegde sê: The proof of the pudding is in the eating,”
sluit MC af.

Vir meer inligting oor Valtrac se kostedoeltreffende toerusting en trekkers, besoek hulle webwerf by https://valtrac.co.za/contact-us/.
Johan Steyn en sy kundige span by Valtrac Humansdorp sal jou ook met ope arms verwelkom; gaan kuier gerus by hulle in Voortrekkerstraat, Humansdorp. Alternatiewelik kan jy kontak maak met Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-8006, of stuur ’n e-pos aan attiedev@valtrac.co.za