Categories: NewsPublished On: 10th December 2014

OROWET®-tegnologie Maak die boer sterker

By 3 min read
650 words
Jong sojaplantjies kan erg sukkel om deur ’n oppervlakkors te breek. Met Oro Agri se TRANSFORMERSA bly die grond maklik deurdringbaar, wat die eenvormige, welige plantestand verseker wat noodsaaklik is vir goeie oeste.
 
Slim tegnologie help die boer om peste en plae beter te bestry en selfs om water beter te benut, wat alles uiteindelik groter, beter oeste en meer wins in sy sak beteken.
 
Oro Agri SA (Pty) Ltd vervaardig produkte met unieke OROWET®- tegnologie vir gebruik in sowel geïntegreerde as konvensionele plaagbeheerprogramme.
Sedert die ontstaan van die maatskappy in 2001 het ORO AGRI gegroei tot ’n multi-nasionale verskaffer van omgewingsvriendelike produkte wat vandag suksesvol gebruik word in gewasbeskermingsprogramme in meer as 70 lande wêreldwyd, waarvan Brasilië, VSA, Frankryk, Spanje, Suid-Afrika, Sjina en Indië tans die grootste gebruikers is.
 
Oro Agri SA (Pty) Ltd se hoofkantoor is in Somerset-Wes. Die produkte word vervaardig in Spanje, Kalifornië, Brasilië asook in Kaapstad, waarvandaandit regdeur Sub-Sahara Afrika versprei word.
 
OROWET-tegnologie bestaan uit koudgeperste lemoen-olie in gepatenteerde mengsels met verskeie benatters. Die lemoen-olie wat in produkte gebruik word, word verkry uit die sitrusbedryf en is ’n totaal hernubare bron.
 
Die tegnologie het verskeie toepassings, afhangend van die geregistreerde formulasie en konsentrasie van aanwending. Teen laer konsentrasies kan dit gebruik word as hoogs veelsydige benatter om die doeltreffendheid van spuittoedienings te verbeter en die werking van verskeie plaagdoders aan te vul.
 
Teen hoër konsentrasies kan OROWET-tegnologie met doeltreffende kontakaksie teen verskeie insekte, swamme en myte aangewend word.
 
Verskillende OROWET-formulasies word tans in Suid-Afrika vervaardig. Dit sluit in produkte wat geregistreer is as benatters (bv WETCIT) of die omgewingsvriendelike plaagdoder, PREV-AM. Die jongste formulasie is ’n grondkondisioneerder met die naam van TRANSFORMERSA wat geregistreer is om die infiltrasie en verspreiding van besproeiingswater in moeilik benatbare of kompakte grond te verbeter.
                                                
Benut water beter
Oor die afgelope 5 jaar is verskeie proewe gedoen om die effek van TRANSFORMERSA op waterhuishouding in verskeie grondtipes te bestudeer. Sommige van die studies is deur Nordely Wright, wat tans by ORO AGRI in diens is, gedoen ter verkryging van ’n MSc Agric-graad. Daarna is verdure veldproewe gedoen in verskeie gewasse, onder verskeie besproeiingstelsels, om die effek van die produk op gewasprestasie te bepaal.
 
Nordely het bevind dat TRANSFORMER SA die infiltrasietempo en verspreiding van water in grond verbeter. Hierdie effek word waargeneem na ’n enkele behandeling en dit hoef dus nie herhaaldelik toegedien te word nie. Dit is veral doeltreffend waar grondbeperkings soos kompaksie, toeslaan ofhidrofobisiteit (vetterigheid) voorkom. In ligte en hidrofobiese grond is bewys dat verspreiding van water in die grond meer eenvormig is danksy TRANSFORMER SA. In verskeie toetse is bevind dat penetrasieweerstand verminder na toediening (soos gemeet met ’n penetrometer) en gevolglik is daar minder stremming op wortelgroei.
Vir optimale werking moet die produk ingewas word met besproeiingswater of, in die geval van droëland, in die plantvoor toegedien word en onmiddellik daarna toegemaak word in die plantproses.
 
Kry meer uit soja
Heelwat plaaslike navorsing is op sojabone gedoen. Oor die afgelope 3 seisoene is bepaal dat sojabone goed reageer op die verbeterde vogtoestande wat deur TRANSFORMERSA bewerkstellig word.
 
’n Verdere voordeel wat in die meeste gevalle (veral onder oorhoofse besproeiing) opgemerk word, is dat die plantestand verbeter. Soja is sensitief vir grond wat toeslaan tydens die ontkiemingsproses en die plantestand kan negatief beïnvloed word as jong plantjies nie deur die harde grondoppervlak kan dring nie. Vinnige en eenvormige opkoms van soja is belangrik om goeie produksie te verseker. Deur vogtoestande in die grond tydens en na ontkieming te optimaliseer kan die boer verseker dat sy plante vinnig uit die wegspringblokke kan kom.
 
TRANSFORMERSA kan dus help om beskikbare water optimaal te benut en verliese, byvoorbeeld deur afloop, te beperk. Dit is belangrik in droëlandgebiede waar die boer so veel as moontlik van die reënvalwater wil vashou in die grond om veral tydens die vroeë ontwikkelingstadium van die gewas enige vogstremming tot ’n minimum te beperk.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0