Categories: NewsPublished On: 9th July 2010

Nuwe-ekstraswaar-vragmotorreeks:-Nissan-Diesel-se-nuwe-Quon-kraai-koning-

By 3 min read

Betroubaarheid en ekonomie is ononderhandelbaar wanneer landbouprodukte vervoer word. ’n Vragmotor vol vee of vars produkte mag eenvoudig nie langs die pad loop staan nie.

Boonop is landbou ’n bedryf wat van die boer vereis om sy sente wys aan te wend – hy kan nie bekostig om geld te mors op onekonomiese of onbetroubare vervoer nie. Tydige aflewering, lae winsgrense en veeleisende skedules oor lang afstande noodsaak die boer om net die beste vragmotor met die doeltreffendste naverkope­diens en laagste leefsi­klus­koste te oorweeg.

Dis hoekom Nissan Diesel se betroubare UD440-vragmotors steeds so gewild is – en dis hoekom boere en vervoerkontrakteurs so bly is om te verneem dat die UD440 se opvolgerreeks, die Quon, nog betroubaarder, nog duursamer en nog meer ekonomies is.

En ook geen wonder nie, want die eise van Suid-Afrika se vragmotor-eienaars is deeglik in die Quon se ontwerp en vervaardiging verreken om ’n nommerpas winsgewende vervoeroplos­sing vir ons eie toestande te bied.

Dit help niks ’n vragmotor is nog fris terwyl die bestuur­der te moeg is om verder te gaan nie. Daarom is die bestuurder se gerief deeglik in die Quon se ontwerp in ag geneem. Hy bestuur lekker en maklik, sit gemaklik, al sy kontroles is byderhand en logies, sy ratwisseling en koppelaarstelsels is bestuur­dersvriendelik, sy kajuit is ruimer en hoër, beter geveer, veiliger en stiller.

Die langafstand-hoëdakweergawe se ingeboude slaapplek is hier in Suid-Afrika ontwikkel en daar is ook meer bergplek vir die bestuurder en sy assistent se persoonlike besittings.

Die Quon-reeks se enjins is deeglik in Suid-Afrika ge­toets en verfyn om aan ons uitdagings van groot hoogtes bo seespieël met lae atmos­feriese druk en snikhete toestande te voldoen. Nissan Diesel se ingenieurs is trots daarop dat hulle die volmaakte ba­lans tussen werkverrigting en brandstofekonomie gevind het.

Daar is drie soorte enjins vir die Quon-reeks in Suid-Afrika: die GE13TD met ’n nuwegenerasie-inspuiter, die GE13TB met ’n herontwerpte turbo-aanjaer en die MD92 met deelstaafinspuiting vir meer krag en ’n laer brandstofverbruik.

Die Quon-reeks bied ook ’n keuse van kragoordragstelsels vir beter betroubaarheid, groter veiligheid, makliker ratwisseling, semi-automatiese ratkas opsies, beter kragbenutting en beter brandstof­ekonomie.

Die Quon is ideaal vir harde, langdurige werk met maklike bestuur en instandhouding, sê mnr Rory Schulz, vise-bedryfspresident van Nissan Diesel Suid-Afrika.

Vier van die nege Quon-modelle is in Maart in Suid-Afrika bekend gestel, een sal in Mei volg, twee in Augustus en die laaste twee in Februarie 2009.

Die reeks bestaan uit 6×4-voorhakers vir medium- of langafstandvervoer, 4×2-voorhakers vir varsprodukte- en kleinhandelvervoer, 6×4-vragmotors en tenkvragmotors en 6×4-vragmotors en mengermodelle vir die boubedryf.

Die Quon word as boustelle en deels afgewerkte kajuite uit Japan na Suid-Afrika gestuur en ingevolge streng gehaltestandaarde by Nissan Diesel SA se aanleg in Rosslyn gemonteer.

Met sy 48 wakker handelaars regoor die land sorg Nissan Diesel vir puik diens en beskikbaarheid van bekos­tigbare onderdele. Meer as 200 personeellede van handelaars is reeds intensief opgelei om Quon-eienaars die beste, kundigste diens te bied en hierdie opleiding duur voort.

Daarmee sit Nissan Diesel SA sy prestasie voort wat hom onlangs die kroon as Nissan Diesel se beste versieningsnetwerk in die wêreld besorg het.

Boonop kan Nissan Diesel-vragmotoreienaars reken op Nissan Diesel SA se oproepsentrum wat tegniese steun, padhulp en nooddienste aan klante regoor Suid-Afrika bied.

Vir vervoer sonder kopseer, praat vandag met jou Nissan Diesel-handelaar of besoek die webwerf www.nissandiesel.co.zaof skakel 0800 008 800 tolvry.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0