Koop nou jou Kynofos by Yara

yara
Die naam op alle toppresterende diere se lippe gaan voortaan Yara wees. KK Animal Nutrition se bekende voeraanvullings gaan voortaan onder die naam, Yara, verkoop word. Die maatskappy is sedert 2008 ‘n filiaal van Yara Internasionaal.
Die produkreeks se inhoud sal nie verander nie en boere sal steeds ’n volle reeks suiwer aanvullings vir hulle diere kan kry, soos Kynofos 21, Kynofos 18, Kimtrafos 6 en 12, PhosSure 6 en 12, PhosPro 17, Kalori 3000, voergraad swawel en voergraad ureum.
Herman Potgieter, besturende direkteur van Yara Animal Nutrition Suid-Afrika, sê hoewel hulle naam verander, gaan hulle nie verander nie. “Ons is steeds dieselfde span met geesdriftige kundiges wat fokus op die sukses van boere en voedselvervaardigers en dit is ’n groot hupstoot om deel te word van die Yara-handelsmerk.”
Hy sê dit is belangrik dat boere weet die naamsverandering sal nie die kliënte en verskaffers se verhouding met die onderneming raak nie.
Yara Animal Nutrition het ’n aanleg en verkoopskantoor in Umbogintwini, naby Durban, en verspreidingsdepots regoor die land. Internasionaal lewer Yara produkte aan 70 lande en die maatskappy het ook onlangs sy voetspoor met betrekking tot plantaanvullings in Suid-Afrika vergroot deur FarmSecure onder sy vleuels te neem.