Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 5th June 2026

Koop en verkoop tweedehandse grondverskuiwingstoerusting deur Earthcomp

By 4 min read
682 words

IMG_2450

In ’n bedryf waar betroubaarheid en gehalte deurslaggewend is, het Earthcomp oor die afgelope dekade hul plek gevestig as ’n betroubare verskaffer van tweedehandse grondverskuiwingstoerusting.

Wat in 2015 as ’n beskeie onderneming begin het, het vinnig gegroei tot ’n bekende naam, nie net in Mpumalanga nie, maar regoor Suid-Afrika en selfs verder in Afrika. Vandag bedien Earthcomp ’n wye spektrum kliënte, van kontrakteurs in die myn- en konstruksiebedryf tot boerderye en ondernemings wat staatmaak op betroubare toerusting om hul werk doeltreffend te doen.

’n Wye reeks toerusting vir verskeie bedrywe

Earthcomp spesialiseer in die koop en verkoop van tweedehandse grondverskuiwingstoerusting wat oor verskeie sektore gebruik word, van mynbou en siviele projekte tot konstruksie en landbou. Hulle produkreeks sluit onder andere graafmasjiene (excavators), stootskrapers (dozers), padskrapers, TLB’s, laaiers, ADT- stortingstrokke, dieselvragmotors en kantelbak-sleepwaens in.

Hierdie wye reeks maak dit moontlik vir kontrakteurs en subkontrakteurs om betroubare toerusting te bekom sonder die finansiële druk van nuwe masjinerie. Dit is juis hierdie praktiese benadering wat Earthcomp se waarde in ’n uitdagende ekonomiese klimaat beklemtoon.

Groeiende fokus op landbou

Hoewel Earthcomp se kernmark histories gefokus het op kontrakteurs in die myn- en konstruksiebedryf, sien die span toenemend geleenthede in die landboubedryf. Al hoe meer boere verkies om hul eie grondwerke te doen, van damme bou tot lande ontwikkel en ander grondvoorbereiding op die plaas, en hiervoor is betroubare, bekostigbare toerusting noodsaaklik.

Earthcomp se planne om hul fokus verder in die landboubedryf uit te brei, is dus ’n natuurlike volgende stap. Boere wat hul bedrywighede wil uitbrei of meer selfstandig wil werk, kan groot baat vind by die tipe toerusting en advies wat Earthcomp bied.

Verwagtinge oortref en grense verskuif

Die oorspronklike droom was eenvoudig maar ambisieus: om een van die grootste tweedehandse grondverskuiwingsmaatskappye in Mpumalanga te word. Hierdie mylpaal is reeds in hul tweede bestaansjaar bereik.

Wat egter selfs meer merkwaardig is, is hoe Earthcomp se invloed oor die jare uitgebrei het. Vandag bedien hulle nie net kliënte landswyd nie, maar het ook hul voetspoor in verskeie Afrika-lande gevestig.

Wat onderskei Earthcomp?

In ’n mededingende mark is dit dikwels die klein dinge wat ’n groot verskil maak. Vir Earthcomp lê hul onderskeid in twee kernaspekte: gehalte en diens. Hul toerusting word sorgvuldig gekies om te verseker dat kliënte net die beste ontvang, en hul naverkoopdiens is ’n deel van die besigheid waarop hulle besonder trots is. Daarby bied hul span kundige leiding, nie net om die regte masjien te kies nie, maar ook om kliënte te help om finansieel sinvolle besluite te neem.

’n Span wat saam bou aan sukses

Aan die stuur van Earthcomp staan stigter en direkteur, Kobus van der Merwe, saam met ’n toegewyde span wat elkeen ’n sleutelrol speel in die daaglikse bestuur en groei van die onderneming. Met Marietjie Lessing wat finansies bestuur, verteenwoordigers Tertius Verwey en Willem Faure wat op die voorgrond met kliënte werk, Kailyn Bergh wat administrasie en bemarking hanteer, en Bernard wat aankope bestuur, vorm hierdie span die ruggraat van ’n besigheid wat op verhoudings gebou is. Met sewe permanente werknemers en ’n aparte werkswinkelkontrakteur, bly Earthcomp doelgerig en gefokus.

Volgens die span is dit nie net die gehalte van hul produkte wat kliënte laat terugkom nie, maar die verhoudings wat oor tyd opgebou is. Baie van hul kliënte het vandag meer die gevoel van familie as bloot besigheidsvennote, ’n bewys van die persoonlike benadering wat Earthcomp volg.

Die pad vorentoe

Met die huidige ekonomiese uitdagings in Suid-Afrika bly sigbaarheid en ondersteuning aan kliënte ’n prioriteit vir Earthcomp. Tog bly hul fokus onveranderd: om gehalte produkte te lewer en uitstaande kliëntediens te handhaaf.

Langtermyn is die doel eenvoudig, om aan te hou groei, nuwe markte te bereik en hul posisie as betroubare vennoot in grondverskuiwingstoerusting verder te versterk.

Vir Earthcomp is sukses nie net gemeet aan verkope nie, maar aan die vertroue wat hulle oor jare by hul kliënte opgebou het.

Vir meer inligting oor Earthcomp se produkte en dienste kontak hulle gerus by 084-311-2453 of stuur ‘n e-pos na admin@earthcomp.co.za 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0