Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 15th March 2023

Pulsar Thermion 2 XP50 LRF PRO – Ongeëwenaarde Termiese Tegnologie

By 3 min read
495 words

teles

KarooOutdoor is ‘n amptelike verspreider van Pulsar termiese toerusting waaronder die gevorderde Pulsar Thermion 2 XP50 LRF Pro. Pulsar het die deel van die legkaart gevul met die klassieke ontwerp – ‘n ingeboude presisie lasar afstandmeter.

Ken jou afstand met presisie

Die klassieke, slanke ontwerp van die nuwe Thermion 2 XP50 LRF PRO bevat ‘n geintegreerde, kompakte lasar afstandmeter wat pas binne die enkel optiese kanaal. Met ‘n metingsafstand van tot 800m gee die teleskoop ‘n akkurate lesing vir presisie skietwerk.

Die teleskoop se termiese opsporingsafstand van tot 1800m in kombinasie met die lasar afstandmeter verskaf uitsonderlike opsporingsvermoë.

Die nuwe teleskoop is ideaal om te gebruik vir vêrder afstande. Die Thermion 2 LRF XP50 PRO se basisvergroting vermeerder agt maal van 2x na 16x met ‘n verdubbeling van elke verstelling of deurlopend om die ideale vergrotingverhouding en ‘n sigbare “field of view” vir spesifieke toestande te verseker.

Gebruik die “Picture-in-picture” verstelling vir ‘n hoë presisie raam. Slegs 10% van die normale beeld word opgeneem en dit wys ‘n vergrote beeld van die teiken en die gekose kruishaar. Die funksie vertoon beide ‘n nader en helder beeld van die teikenarea en terselfdetyd die volle beeld waarna gekyk word.

Die Thermion 2 se geheue bevat 10 kruishaar opsies (direkte skoot, ballisties en gewone) en is beskikbaar in 9 verskillende kleure.

Termiese uitmuntendheid in die fynste detail

Die Thermion 2 LRF XP50 PRO se ongekende sensor sensitiwiteit van NETD <25mK verseker perfekte detail herkenning selfs in uiterste weertoestande wanneer termiese kontras laag is.

Die hoëdefinisie sensor (640×480) se resultaat is skerp gekontrasteerde termiese beeld, akkurate herkenning van diere, hul kenmerke en besonderhede van die landskap.

Uitsonderlike opteleffektiwiteit word behaal met die Thermion 2 se vinnige diafragmalens (F50/1.0). Saam met die hoog sensitiewe termiese sensor bied dit die hoog moontliktse kwaliteit, gedetaileerde en insiggewende beeld in enige toestande.

Kenmerkend van die Thermion 2 is die verlengde batterylewe. Dit word gedryf deur twee herlaaibare batterye: ‘n ingeboude en ‘n vervangbare APS3. 10 uur werksverigting teen ‘n enkele batterylaai.

Beste kenmerke van die Thermion 2 LRF XP50 PRO

  • Robuuste, betroubare metaalstruktuur. Versterkte liggewig alluminium ontwerp vir foutlose werkverrigting.
  • Gedryf deur twee herlaaibare batterye: een ingebou met 4.9 Ah kapasiteit en een vervangbare APS3 met 2 Ah kapasiteit. ‘n Enkele laaibeurt verseker tot 10 ure se jagtyd.
  • Foto en video-opname. 16 GB interne geheue.
  • Hoë kaliber weerstand: 375 H&H, 12-boor en 9.3×64.
  • 5 individuele skietprofiele / 50 zero-afstande
  • Die wye hoek oogstuk (5°) en wye kykhoek van die HD kwaliteit AMOLED beeld gee gemaklike beeldpersepsie sonder ‘n ‘sleutelgat’ effek.
  • Die ingeboude WIFI module konnekteer die toestel met Android of iOS slimfone en maak gebruik van die Stream Vision 2 toepassing.
  • IPX7 waterdig gradering vir beskerming teen hewige reënval, snow en ander uiterste toestande.
  • Driejaar waarborg

Die Pulsar Thermion 2 LRF XP50 PRO is beskikbaar by KarooOurdoor. Kontak 063-265-0742 vir ‘n kwotasie of stuur ‘n e-pos na info@karoooutdoor.co.za. Besoek ook: https://karoooutdoor.com/products/pre-order-pulsar-thermion-2-lrf-xp50-pro-thermal-riflescope

https://www.pulsar-nv.com/gbr/products/33/thermal-imaging-riflescopes/thermion-2-lrf/

Sien ook die video hieronder:

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0