Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 12th May 2023

John Deere Financial gaan vooruit om jou die voorsprong te gee

By 4 min read
819 words

DSC_0291 (3)

John Deere Financial streef daarna om landboufinansiering so buigsaam en innoverend as moontlik te maak, sodat hul kliënte ‘n voorsprong kan kry in hul besigheid. John Deere Financial is ‘n betroubare vennoot wat al hul kliënte en aandeelhouers verpersoonlikde finansieringsoplossings bied om spesifieke behoeftes en doelwitte aan te spreek.

Oor die generasies heen het John Deere Financial nog altyd hul kliënte vooruit gegaan om hul besighede die voorsprong te gee. Omdat John Deere Financial werklik hul kliënte verstaan, asook die bedrywe waarin hul besigheid doen, kan hulle as ‘n finansiëlediensverskaffer hul aanbiedinge verpersoonlik om aan hul kliënte se spesifieke vereistes te voldoen. John Deere Financial se finansiële oplossings doen die harde werk, sodat hul kliënte vrylik kan voortgaan met dit wat hulle die beste doen.

‘n Verenigde maatskappy

John Deere Financial verstaan dat ‘n verenigde maatskappy met ‘n enkele visie berge kan versit. Daarom snoer al hulle verskeie departemente saam om die beste diens moontlik te lewer. Antois van der Westhuizen, Besturende Direkteur by John Deere Financial, verduidelik dat JDF se strategie vir 2026 met ‘n “geloofsprong” begin het. “Vir die eerste keer in ons geskiedenis het ons die wêreldwye span by die ontwerp van hierdie strategie ingesluit,” brei Van der Westhuizen uit.

“Met hierdie strategie, word die hele John Deere Financial gemeenskap betrek by die doelwitstellingsproses. Dit beteken dat die span as geheel streef om dieselfde eindresultaat te behaal.” Hierdie nuwe besigheidsmodel laat werknemers, handelaars en John Deere Financial netwerke almal voel dat hul werklik deel vorm van die maatskappy— dat John Deere Financial hul regtig verstaan. Deurdat almal op dieselfde bladsy begin, kan John Deere Financial as ‘n verenigde maatskappy hul belanghebbendes bemagtig om hul finansiële doelwitte te bereik.

Vinniger en verbeterde dienste

John Deere Financial kombineer finansiële deskundigheid, persoonlike bystand en digitale vooruitgang sodat kliënte ‘n voorsprong kan kry in hul besigheid. Deur te fokus op ‘n volledige diens, die internalisering van essensiële prosesse en inkorporering van die nuutste tegnologie, maak hulle finansiering veel vinniger en meer gerieflik.

John Deere Financial het nog altyd hard gewerk om finansiële oplossings vir kliënte te vind, vandat ons boere vir die eerste keer toegelaat het om hul ploeë op krediet te koop. Alhoewel hul dienste sedertdien uitgebrei en geformaliseer is, bemagtig hulle steeds hul kliënte met innoverende, persoonlike oplossings wat hul unieke behoeftes aanspreek. 

Dit is geen geheim dat John Deere Financial kop en skouers bo die kompetisie uitstaan nie. Wat John Deere Financial van hul mededingers onderskei, is hul bogemiddelde vermoë om interne prosesse te vereenvoudig vir meer effektiewe finansiering. John Deere Financial ontwerp ook pasgemaakte aanbiedinge wat sorg dat hulle kliënte die meeste waarde moontlik uit ons dienste put.

As ‘n bobaas finansiële diensverskaffer met jare se ervaring, weet hulle dat hul kliënte toegang tot die nuutste tegnologie benodig om hul bedrywighede so doeltreffend as moontlik te maak. Dis hoekom John Deere Financial toerustinghuurkontrakte bied wat hul kliënte in staat stel daartoe om hul kapitaal te bewaar, by seisoenale werkladings aan te pas en met die nuutste tegnologie op die mark te werk.

Strategiese vennootskappe

John Deere Financial het ‘n vennootskap met top finansiële instellings aangegaan sodat hulle ‘n volledige diens, voorpunt-finansieringsprodukte en ‘n top-in-klas rentekoerse kan lewer.

Hierdie aanbiedinge, gekombineer met sterk, persoonlike verhoudings, stel John Deere Finansiële Spesialiste daartoe instaat om kliënte se finansiële besluite te lei, betroubare adviseurs te word, na hul behoeftes te luister en die beste moontlike oplossings te bied.

Verpersoonlikde finansiële oplossings

John Deere Financial verstaan dat finansiering moet sin maak binne ‘n kliënt se unieke besigheidskonteks. Landbou het byvoorbeeld ‘n unieke kontantvloeisiklus en daarom bied hul buigsame finansieringsprodukte. “Vooruitgang in tegnologie in die bankwese en landbou skep vir ons die geleentheid om anders oor landboufinansiering te dink,” sê John Deere Financial se besturende direkteur, Antois van der Westhuizen. “Ons moet ‘n instaatsteller wees vir boere, nie net ‘n finansierder nie, wat die beste oplossings teen ‘n goeie prys bied deur middel van vereenvoudigde interne prosesse.”

Hulle verstaan dat boere ‘n behoefte het aan finansieringsoplossings wat by die sikliese aard van die landboubedryf pas. Vir graanboere kan John Deere Financial byvoorbeeld transaksies met jaarlikse betalings bied wat ontwerp is om met die oesseisoen ooreen te stem. Verder is depositovereistes ook buigsaam om aan hul kliënte se spesifieke behoeftes te voldoen.

Meer as net finansiering

John Deere Financial luister na hul kliënte om konstante vooruitgang aan te dryf, sodat die finansieringsproses so glad en gerieflik as moontlik verloop. Hulle word die boer se raadgewer, luister na hul behoeftes en ontwikkel die beste moontlike oplossings.

Deur vinniger, meer effektiewe finansieringsoplossings te verskaf, strategiese vennootskappe te vorm en hul aanbiedinge aan te pas om by die kliënt se behoeftes te bevredig, bied John Deere Financial meer as net finansiële oplossings—hulle is ‘n betroubare vennoot.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0