Categories: NewsPublished On: 21st November 2014

JIMS belowe asemrowende motortegnologie

By 1 min read

Alhoewel dit slegs elke twee jaar gehou word, gaan bakkie- en motorkargeesdriftiges nie afgeskeep word tydens die Johannesburgse Internasionale Motorskou wat vanaf 14 tot 25 Oktober 2015 by die Nasrec aangebied gaan word nie. Hierdie skou het al bewys dat dit die samekoms van die wêreldbestes in Suid-Afrika is.

Die belangrike rol wat busse en vragmotors in ons ekonomie speel, moet ook nie onderskat word nie en daarom gaan hierdie voertuie goed verteenwoordig wees by die skou. As gevolg van die omvang van die skou gaan die “Johannesburg Truck and Bus show” en die Automotive Allied Industries Auto Shop as addisionele ekspos aangebied word.

Die organiseerders het onlangs tydens ’n geselligheid by die Woodmead-buiteklub in Johannesburg’n voorsmakie gegee van wat gaan kom. Derek Watts, die bekende gesig op die Carte Blanche televisieprogram, was die seremoniemeester en met sy kwinkslae het hy die teenwoordiges uitgenooi om met skeppende planne vorendag te kom om die skou volgende jaar meer aanskoulik te maak.

Dr Johan van Zyl, HUB van Toyota Suid-Afrika en president van NAAMSA aan die woord.

“Die tegnologie in die voertuigbedryf ontwikkel tans teen ’n asemrowende spoed en die skou gaan die gulde geleentheid vir uitstallers bied om hulle nuwe ontwikkelinge en tegnologieë uit te stal en te demonstreer,” het dr. Johan van Zyl, president van Naamsa (Nasionale Vereniging vir Voertuigvervaardigers) en HUB van Toyota Suid-Afrika, tydens die geselligheid gesê.

JIMS sal in 2015 sy vierde buiging maak sedert dit in 2008 die Auto Africa-motorskou vervang het.

 

Michael Strange, verkoopskonsultant van ProAgri, dr Johan van Zyl, HUB van Toyota Suid-Afrika en Derek Watts kan nie wag vir JIMS om aan te breek nie. 

 

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0