Categories: NewsPublished On: 24th September 2015

Isuzu besluit om die die bakboutrap te klim

By 1 min read
228 words

isuzu1

Moeilike makro-marktoestande het ’n baie sterk invloed op ’n reuse-maatskappy en Isuzu trokke Suid-Afrika (ITSA) moet ook bontstaan onder arbeidsonrus, die e-tolstelsel, hoë brandstofpryse, swak politieke besluite en ’n vallende Rand. Hierdie faktore het noodwendig ’n invloed op die land se ekonomiese groei wat die trokvervaardiging regstreeks beïnvloed.

Met ’n negatiewe groei in die trokmark van -5% oor die laaste jaar is dit egter verbasend dat Isuzu se markaandeel steeds stadig maar seker groei. In Junie verlede jaar kon hulle 12,9 % van die land se totale trokverkope in hulle eie boeke opskryf. Tot vandag het daardie syfer tot 17,7 % gegroei.

’n Opwindende nuwe rigting wat ITSA ingeslaan het, is om die bakboumaatskappy Kanu in Port Elizabeth asook Automotive Chassis Technology(ACT) in ’n vreedsame oorname te bekom.

“Omdat die ITSA-aanleg in Port Elizabeth reeds 80% van ons bakke bou was dit noodwendig die volgende stap in ons strategie gewees,” het Craig Uren, HUB van ITSA tydens ’n onlangse mediavrystelling in Johannesburg gesê.

“Om nou ’n standaard bak wat oor al ons trokke dieselfde lyk saam met ’n onderstel en kajuit te verkoop maak net meer sin vir ons en die kliënt,” sê hy. Hierdie belangrike transaksie sal in Augustus in werking tree.

In die derde kwartaal van 2015 sal ITSA die vervaardiging van die 30 000 ste trok in die Port Elizabethse aanleg vier sedert die aanvang van produksie in 2007.

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0